4 maande gelede
Die hele Laan weet nou hoe Rickus se wortel lyk
 ~ 

VANESSA se hare gaan nie ’n dag langer hou nie. Nie ’n enkele dag nie!

Willem probeer Haven se mense flous, maar dis vergeefs.

Haven se mense is so slim soos hulle mal is. Ek glo weer stellig dié is net ’n voorskou vir die volgende colour run wat dalk in Hillside plaasvind. Waar het al die nuwe Havenaars in elk geval hulle uniforms gekry?

Ek weet daar is genoeg lelike klere in Eclectic E, maar nie eers daardie sinlose plek het genoeg van sulke streepsakklere om almal in die hele donnerse Laan op te dress soos Jesus se dissipels nie.

Julle, ek sukkel nou selfs om te joke oor dié program, want om doodeerlik te wees, hierdie storie ruk nou handuit.

Esti se wenkbroue herinner my erg aan Ernie van Takalani Sesame.

Het sy dit so donker getint voor- of nadat die Laan in ’n cult ontaard het? Het sy vergeet sy is blond of het iemand hardhandig geword met die dye?

Sy kan nog nooit so lyk en verwag ons moet dit net miskyk as gevolg van die Haven-chaos nie. Dis te veel gevra. Sy lyk belaglik.

Haven is nou glo omsingel met Haven spies wat ook almal toiletrol bombs het. Ek het regtig nie meer woorde nie.

Nuwe Haven het meer spies en geheime mense as die CIA en ek wil net probeer verstaan, maar ek kan nie.

Hoe op dees aarde is die res van Hillside besig om soos normaal aan te gaan? Hilda en Mariaan sit in ’n fancy restaurant terwyl die res van die plek opgebom word en die polisie dit glo omsingel het. Hoe, man?

André speel steeds sterkgevreet. ’n Mens sal dink hy sou sy les leer ná sy moord-voorval met Rickus. Ek sou nie vrede kon vind ná ek iemand eers amper vermoor het nie. Maar nee, hy vat mense met bomme aan.

Rickus staan kaal tollie voor die hele Laan. Hoe wys jy weer jou gesig in die Laan nadat almal, en ek bedoel álmal, jou tollie gesien het? Ek hoop vir sy onthalwe hy het ’n moerse wortel, want hoe leef ’n mens hierdie soort ding net af as jy ’n klein tollie het?

Matrone probeer protes maak teen die kaal tollie-besigheid, maar ek kan in haar ogies sien sy wil meer sien. Julle moet onthou, dis al ’n goeie paar droë jare op die rak vir Matrone. Haar slymkonyn kan basies nie meer kwyl nie, maar kyk, kyk sy.

Ek wil onder geen omstandighede ooit so oud soos Matrone raak tot op die punt waar paddas en slymkonyne ophou kwyl nie. Ek verdien ’n beter lewe as dit. Ek het in my tyd baie mense maak lag en vir dít wil ek hemel toe gaan. Ek hoop ook Connie het omgekom in die ontploffing. At least sal al die drama dan die moeite werd wees.

Ek vra net in die naam van die evangelie dat die stupid storielyn nou tot ’n punt kom sodat ek weer hierdie saak kan begin geniet. Ek hoop julle voel dieselfde.

Ons skinder weer volgende week!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters