4 maande gelede
Connie mors haar gesig verder op met cheap cream
Quinne Brown
Quinne Brown vertolk die rol van Connie  ~ 

CONNIE het brandroom by die Somaliërs gekoop, julle.

Sy wil eenvoudig nie hoor nie. Connie verdien alles wat haar toekom, want hoe hardkoppig kan een blanke dame nou wees?

Aggie is alewig, en ek praat nou van elke week, bedroef oor die waarheid. Sy weet van almal se k*k, insluitend Connie se salf shopping en dan word sy tot geheimhouding gesweer.

Ongelukkig vir haar is sy vreeslik moeilik om mis te kyk as gevolg van haar patroon-bloese en satyngladde hare direk uit China.

Ek is eintlik ’n bietjie jaloers, want soos julle weet, hou ek my hare die laaste tyd baie kort en ek mis my hare. Die pruik is onrealisties glad, maar ek hou daarvan. Dit pas by haar gesig. Aggie wen dié week 10-0.

Vanessa kom ingeloop op Kevin, die vriendelike Indian, terwyl hy Haven probeer herleef.

Jong, Vanessa verloor totaal haar wankelrige greep op realiteit en gooi die arme man met files.

Daar is lampe en laptops en koppies, maar sy kies files om dié vriendelike man mee te gooi.

Gelukkig kom Justin binne en ontlont die situasie, maar Vanessa is weer heeltemal van haar koppie af en word in die kliniek opgeneem waar almal se drome waar word, behalwe natuurlik Connie s’n. Sy wen dié week niks.

Die cheap cream wat Connie gekoop het, het tot erge infeksie gelei met die gevolg dat dr. Fikani van die sportwinkel wangvleis moes wegsny.

Behalwe die wond wat moet heel, sal Connie nou ook plastic surgery moet kry om die skade te probeer herstel.

Ek persoonlik dink natuurlik dat haar vuil vlegsel deel uitmaak van die infeksie. Daardie vet vlegsel lyk asof sy dit by die Voortrekkers geërf het.

Dis blote morsigheid om so tussen mense te verskyn. Dis oor hulle nie reg lewe nie. ’n Mens hoor nooit hulle gaan kerk toe of was hulle hare nie. En ek kyk nou al jare die Laan. Sies!

Die gladdebek Indian het Alexa se padda aan die kwyl. Soos julle weet, heers daar ’n soort droogte oor Alexa se padda wat eenvoudig as Bybels beskryf kan word.

Alexa was nooit gereed vir Aladdin nie. Dis nog nie vir seker nie, maar die slymerige glans in haar sekslose ogies vertel van iets wat iewers gaan uitpop as sy dit hard genoeg vryf. Sy’s so ongelooflik min gewoond dat sy selfs die bietjie geduld wat Kevin vir haar het, oplek soos ’n honger kat.

Mariaan se ma loop saam met Rickus self-defence-klasse, maar hulle vermom dit as danslesse oor Mariaan niks wil hoor van haar ma in Fight Club nie. Ongelukkig is Rickus te hardhandig met sy brose oumatjie en sy kraak basies. Hilda is nou stukkend en Mariaan gaan Rickus bedood. Dis alewig ’n ander soort k*k wat dié klong aanvang, man.

Maar wag, ons skinder weer volgende week verder.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters