Verlede maand
Connie is bang Vernon vat aan haar Arend se eier
Quinne Brown
Quinne Brown vertolk die rol van Connie  ~ 

RICKUS kom Woensdag tot die beseffing hy is ’n totale mislukking toe die bom nie ontplof nie.

Jy het nie ’n toiletrol-bom nodig gehad om dit te bewys nie, Dingetjie. Ek kon jou van dag een af sê jy’s eerlikwaar niks werd nie.

Suna hou steeds ’n grudge oor daai vliegtuig-insident. Sy slaap met almal wat by die Haven opdaag. Haar slymkonyn is net gulsig en Francois is die pimp.

Tegnies gesproke is jy betrek by mensehandel en jy word teen afslaf verhandel sonder dat jy weet daar is ’n sale aan die gang.

Die enigste ding dikker as Mariaan se vel is haar makeup. Haar man het haar gelos om België toe te gaan om ’n nuwe lewe vir hom en sy oranje kroeskop-kinders te begin.

Olivia is behep met buff manne. Haar padda is my heldin. Haar padda is soos ’n Olimpiese atleet met ’n vol pakkie Choice-kondome.

Dié slap sletjie kom die hemel poorte nie verby nie. Oom Gabriël het ’n foto van haar by ontvangs.

Vernon is nou ’n regte egte moffie met patterns en rokke en alles. Hy en Gloria is nou dik brasse.

Hy moes glad trek om by die fabriek te wees. Dit maak nie sin nie, want die fabriek is glo net om die draai. Hoekom moes hy nader trek as die fabriek naby is?

Ek sal jou sê hoekom, Vernon. Dis oor jy bruin is en ’n moffie is. Dis blatante diskriminasie.

Moffies word altyd uitgeskryf en bruin moffies word sommer nader aan die fabriek geskuif.

Jy moet in ’n industrial area loop woon oor jy van manne hou – amper soos Club Stargayzers in Parow. Dis nie reg nie. Connie is racist en bang jy vat aan haar Arend se eier. Jy verdien soveel beter.

Vanessa lyk elke dag meer en meer soos die Oracle in The Matrix en haar wysheid ken geen perke nie. Lesedi Moloi is daarvan oortuig Xander wil haar trou en arme Bonita kry ’n surprise party wat sy nooit wou hê nie.

Jy gee nie ’n gebroke vrou ’n surprise nie. Gebroke mense soek nie verrassings nie. Hulle soek glue, want hulle is gebreek.

Dit kan iemand so hartseer soos Bonita maklik oor die wal dryf.

Ek moet egter erken gebrokengeid verrig wondere vir haar look. Sad wees werk vir Bonita. Dis asof sy meer moeite doen. Haar makeup is mooi eenvoudig, haar punte is nie so droog nie en haar burnt orange hare lyk nou reg aan haar.

Justin try nog sy bek indruk by die happy hoerhuis se besigheid, maar Vanessa vat nie k*k van kabouters nie. Sy besluit dis beter as hy sy bek hou. Vanessa sit hom blitsig op sy plek in die hartjie van Worcester waar hy hoort. Bly stil as die grootmense praat, Justy.

Vrydag kom die hele Haven in die Laan aan met bomme en profete sonder makeup in streepsak-fashions. Dis vir my te veel!

Hoe het hule sonder vervoer daar gekom? Die Haven het nie karre nie. Imagine jy loop jou sat Joburg toe onder daai warm lappe en jy sweet op die bom wat om jou vasgemaak is. Jy loop nog lekker en kaboem! Dié k*k storie is vol gate...

Ons skinner weer volgende week!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters