2 maande gelede
Connie betrap Vinnie waar hy squat in die boetiek
 ~ 

DONDERDAG verbeel Xander hom mos hy is die aanbieder van Forgive & Forget.

Bonnie word toe sommer oorgenooi om te kom kuier en vir twee weke in die penthouse te bly sodat sy elke dag vir Daniel kan sien.

Sy mag Daniel nou glad sonder toesig besoek en Xander glo niemand sal weer try beenmurg steel of kids in plakkerskampe dump nie.

Chris is ’n opgevoede volwassene. ’n Grand geleerdheid het nou wel nie gekeer dat sy rondloper-tronkvoël van ’n vrou hom flous nie. Hy’t mos meer as 20 jaar lank ’n beer se kind as sy eie groot­gemaak.

Vinnie pronk die wêreld vol met ’n grasgroen blazer en ’n denim hemp. Ek het aanvanklik gedink dis dalk die begin van ’n nuwe OUTsurance-advertensie.

Vince speel Judge Judy in ’n noupassende casual suede jacket met heeltemal te veel knope, maar hy dra die klein toppie met soveel trots dat ek hom eintlik jammer kry. Ek probeer gat maak van Vince, maar as ek dink aan die sielsongemaklike lewe van ellende en teenspoed wat hy tot nou toe gelei het, dan wil ek hom net omhels soos die engel Gabriël en ’n wonderwerk met sy dik hare verrig. Vyf brode, drie vissies en twee vaalhaar- human hair weaves...

As ek reg verstaan, is daar vandag, ná haar “three blind mice”-­ episodes niks fout met Lesedi se ogies nie. Die spasies tussen haar kous-vlegseltjies is breër as God se genade en sy glo vas sy lyk beeldskoon.

Lesedi se gees is propvol selfvertroue, dié dat sy sommer wit mense in die tronk laat moer. Lesedi is eintlik maar self ’n tsotsi en gangster.

Gepraat van ’n klomp verbeelding; Connie ontdek Vinnie toe op ’n dun matjie onder die tafel in die boetiek. Hy’t seker gedink niemand gaan hom sien nie, maar wit vroue vang al honderde jare bruin mans onder die tafel en Vrydag was niks anders nie.

Die waarheid kom toe uit dat Vinnie twee keer met griep in Amerika siek was en twee keer is hy in die pad gesteek.

At least het hy en Connie nie onder die tafel gesteek nie, want dit sou nou ’n donnerse verwarring veroorsaak het.

As ’n mens die leidrade stadig maar seker bymekaar sit, sal Vinnie seker nog voor World Aids Day met die groot griep gediag­noseer word.

Ons sal seker later hoor hoe hy moes afgee by Connie se fashion-vriend in Amerika. Dit sal beteken dat daai man hom nie net in die pad gesteek het nie... Maar wag, ek hardloop ver vooruit met die storie.

Net vlugtig oor die ander mense. Nozi lig weer haar pale vir Fikani, maar haar vlegsels beweeg net as sy hulle streel.

Die twee lyk verspot soos Dark and Lovely, Boet en Saartjie.

Willem en Rickus het mekaar gemoer oor Rickus seksueel gefrustreerd was met Willem se floral T-shirt.

Bonita woon nou by Vanessa in die penthouse, wat eersdaags herdoop gaan word as ’n “halfway house vir geskeide vroue met los kindertjies met aanpassingsprobleme omdat hul pa, Xander, ’n jintoe is”. Ek gaan sukkel om hierdie naam geregistreer te kry.

Ons skinner volgende week verder!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters