2 maande gelede
Bonnie is verpletter oor Xander ’n geleerde vrou wil hê
 ~ 

MENSE, hierdie week was propvol verwarring.

Ratel is mos Rickus en André is Arend en soos dinge nou lyk, gaan Mariaan volgende week in ’n Dragon Ball Z-karakter verander.

Daai wit vrou met die stokstywe hare wat soos ’n stokkielekker gebou is, gaan wraak neem op almal en alles oor haar geliefde kind volgens die polisie deur krokodille opgevreet is. Daar sal nie keer aan hierdie antie wees as sy eers die bal aan die rol gesit het nie. Julle sal maar almal moet oppas.

Mariaan die monster is sterk op pad terug.

Esti kan maar toemaak. Marko gaan jou nie trou nie, dingetjie. Marko se hartjie wag vir Sus Miems en niemand anders nie.

Jy was amper soos ’n stopper. Iemand om die plek vol te staan terwyl Emma op leave was.

Jy en jou emosionele kind moet maar begin uitkyk vir ander blyplek. Emma laat haar nie sommer replace nie.

Jy wat Esti is kan in elk geval nie by Emma kers vashou nie.

Emma is al deur baie erger as ’n stripper wat te veel skoolfonds betaal.

’n Ander onbeholpe bleeksiel is daardie Olivia-skepsel. Droog en vervelig net soos laas week se ou brood.

Hierdie dogtertjie wil net huil. Jong, sy is besonder lief vir huil. Dit is nie asof Rickus jou sou trou nie, pikkewyn. Rickus het jou net verduur omdat jy maklik was.

Ek het jou mos gesê jy moet ophou so jou pale vir die man lig.

Bonnie het haar mos die laaste tyd daarvan oortuig dat Xander agter haar slymkonyn aan is. Kos­bare skepsel wat sy is, wou sy niks anders verstaan nie.

So eenvoudig soos ’n ongeteëlde vloer in ’n open plan-kombuis het Bonnie hierdie week vir my voorgekom.

Toe sy eers leer dat Xander eintlik agter Lesedi se effe donkerder padda aan is, wou daai vrou haarself by die naaste brug afgooi. Kan ’n mens nou so besimpeld wees oor ’n bruin man met ’n kwalifikasie? Dis waansinnig.

Dit blyk toe dat Rickus of Ratel eintlik springlewendig is. Hy skrik wakker in ’n vreemde vertrek met ’n donkerkop-dame wat daarop aandring dat sy beserings met laas jaar se vlieg­ongeluk verband hou.

Bygesê verwag hierdie vrou nou dat Rickus moet glo die afgelope jaar was een moerse lang nagmerrie.

Ek weet nou eerlikwaar nie meer wat deesdae in die Laan aangaan nie. Dis verwarrender as die nuus 18:30 op SABC 2, maar ek hou nou maar duim vas vir hierdie mense se ongekende ellende. Mag dit met julle vreeslik goed gaan.

Ons skinder weer volgende week verder!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters