4 maande gelede
Bonita makeer ’n prys vir ál die harde werk wat sy doen
hildehard white,7de laan
7de Laan se Bonita.  ~ Facebook

EK WIL nou nie uit my beurt uit praat nie, maar gun my die geleentheid om te noem dat Vanessa se hare posh hoog is.

Haar kop is oorvol jaloesie oor Bonita gewen het.

Hulle twee het mos gryp-’n-boetie gespeel en hulle was albei finaliste met twee punte elk.

Dis toe dat Bonita haar Brazillian troefkaart speel terwyl Vanessa nog met ’n Dark&Lovely hand sit.

Daai Bonita katrol toe vir Justin tussen haar boude in soos ’n spinnekopwyfie met ’n Cloud9.

Bonita hou nou amptelik die rekord as die eerste mens op SABC2 wat met Justin, Xander sowel as Vince ougat gemaak het.

Hulle kon haar mos at least ’n diploma gegee het.

Ek voel net Bonita het nooit enigiets om te wys vir ál haar moeite nie.

Kyk hoe sit sy nou met ’n buite-egtelike kind waar sy plak saam met haar baas, wie se eksman die pa van haar misoesie is.

Sy leef basies op genade.

As daai kind iets oorkom, is haar bek heeltemal uit.

André het toe Marko se boud gesuig waar ’n ou slangetjie hom gebyt het.

Ek verstaan nie mooi hoekom dit nou vir Marko so ’n vreeslikheid is nie, want daar sit duisende mense hier buite wie se boude nie gesuig word nie.

Dis winter en die massas slaap alleen terwyl Marko met ’n lovebite van ’n ander man op sy boud sit.

Dis dalk vir jou ’n nagmerrie, Marko, maar ek ken moffies wat net kan droom van so ’n groot man se lippe tussen hulle boude.

Jy’s simpel en ondankbaar en ek wens daai slang het jou beter gepik. Jy verdien nie die koninkryk nie.

Dan is daar die los meisie wat Thomas se kroon jaag.

Sy spreek ál die Engelse woorde in haar gebroke Afrikaans so vreeslik snaaks uit dat ek aanvanklik gedink het sy’s doof.

Mense met gehoorprobleme spreek mos soms sekere woorde uit met die klem op die verkeerde deel van die woord.

Nou, ek het eers gedink dis wat daar aan die gebeur is, maar toe sien ek haar hare is gedurig vuil en haar skirts blink en sy lees boeke oor seks...

Dis toe dat ek besef sy’s behep met dinge wat gaan maak dat sy ook nie die koninkryk gaan bereik nie.

Ek het my gebreek vir die hele gedoente in die lift. Vir daardie twee swak aanvallers, sowel as die spulse meisiekind se k*k verhouding met die realiteit.

Sy was bereid om te sterf vir haar foon. Dis dié soort gemors wat onderwysers deesdae so dryf na drank toe.

Ek vra dat ouers asseblief moet sien wat hulle aan die kinders doen met hierdie selfone.

Ons skinder weer volgende week lekker saam, geliefdes.

  • Join die blad “7de Laan Maak My Skaam” op Facebook vir meer.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters