3 maande gelede
Bonita alweer manloos oor julle Nathan verdink het
Foto: www.viclectic.co.za  ~ 

EK GAAN nie vir julle lieg nie. Ek het dié week bitter min kans gekry vir kyk, so dit voel asof ek iets misgeloop het.

Ek kon egter aflei van wat ek wel gesien het, dat Nathan so onskuldig soos ’n frats­ongeluk is en dat Amorey weer terug is Europa toe.

Ek het altyd geweet Nathan is onskuldig. Moenie julle steur aan wat ek voorheen gesê het nie.

Ons as bruin mense moet saamstaan. Julle moes Nathan nooit verdink het nie. Skaam julle!

Ek het mos net jokes gemaak. Julle moes mos van beter weet. Sies vir julle.

Dis dus nou duidelik dat Karmen nog ’n maagd is, maar dié kind is so bekkig dat ek ’n tienerswangerskap in haar toekoms voorspel.

Gepraat van swangerskap – Mariaan dra weer lace, so ons weet almal sy’s op heat. Ál k*k is dat die oom wat sy dink haar padda wil streel, eintlik haar geldjies wil steel terwyl sy haar pale lig.

Die omstandighede rondom haar hare lyk ook nie great nie. Dit lyk mos maar gewoonlik soos kaf wat ’n somer te lank in ’n oop veld gestaan het, maar dié week lyk dit besonders treurig, asof daar sterfte in haar onmiddellike familie was en sy nog nie kans gekry het vir conditioner nie.

As wit mense die dag afgeskeep lyk, dan doen hulle dit ordentlik.

Ek wil nou nie sleg praat van Vanessa nie, maar sy en Xander lyk asof hulle hierdie week dieselfde concealer gebruik.

Hulle loop die hele Johannesburg plat terwyl hulle soos Samsung Beauty filters lyk. Xander lyk glad pienk en Vanessa soos koffie met te veel Cremora, en wanneer blend iemand hulle nekke?

Dis nou ’n poeierpienk gesig met ’n pers hemp en heeltemal te veel blink gel. Hoekom mismaak Xander homself so?

Ek wou ook ’n kramp wegwerk toe ek hoor hoe Diedie vir Olivia vertel dat sy hard moet werk sodat haar werkgewer haar as onvervangbaar moet beskou.

Nou, ek praat nie maklik sommer net sleg van ander mense nie, maar Olivia kan nie sulke aanmerkings goed verwerk nie. Dit skep ’n soort verwagting binne-in haar wat sal maak dat sy angstig raak en vergeet om asem te haal.

Olivia is besonders baie dinge, maar onvervangbaar is sy beslis nie. Sy’s so eenvoudig, ek sou haar nie alleen op ’n roltrap los nie.

Justin lyk deesdae asof hy gereeld buite slaap en Bonita is weer sonder man. Kan jy dan nou op ’n gelukkie soos dr. Nathan afkom en jou laaste kans om geluk op Xander en Vanessa se wegloopkind staan en verbrou!

Daai mense bring net ellende in jou lewe, Bonita, maar hoor is min ...

André bied aan om Willem se skei verniet te doen. Ek weet nie hoekom André so nice is nie, maar hy’s nice met Connie ook, so daar was nog altyd groot fout met daai jong.

Ons skinder weer volgende week! Lekker week vir julle! Robbie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters