9 maande gelede
Ben 10 vat nóg ’n ride op die Shosholoza-Mariaan
trauma: Connie (Quinne Brown) kan haar ongelukkige verlede nie vergeet nie. Foto: Netwerk24  ~ 

EK IS nou nie een vir k*k praat van ander mense nie, maar Connie is so mal soos ’n haas.

Ek het geen idee waarheen dié siek storie op pad is nie, maar persoonlik hoop ek sy gooi haarself voor ’n bus in. Soveel selfbejammering en aandag soek is uitputtend.

Ek kyk nie TV om moeër te voel ná ’n lang dag by die werk nie. Ek wil my halfuur op die couch geniet en vrolik wees, maar deesdae moet ek almal jammer kry.

Nog ’n ongeluk ná die ongeluk is Olivia wat nou al ses weke lank vir ’n HIV-toets se uitslae wag. ’n HIV-toets neem twee minute by jou naaste Dis-Chem.

Ons kon haar al daai eerste week afgevlieg het Kaap toe en mall toe geneem het vir ’n vinnige toetsie, want in Johannesburg het hulle duidelik nie chemists nie. Daar’s groot fout in daai plek.

Dan is daar Ben. Ek wil nie lag nie, maar as ek oor sy tweede keer dink, rol die trane, want die prentjie van daai stopstraat van ’n vrou met haar bene hoog in die lug met Ben 10 gretig aan die pomp tussen haar outydse skraal boudjies, kry my elke keer aan die gil.

Ek het gekreun van die lag toe Ben Donderdag by die Welman mansion instap soos Braveheart.

Mariaan knip hom kort en maak daai arme blanke kindjie so con­fused, hy’t in ’n stadium selfs gedog hy het met Esti kom praat, want almal probeer hom advies gee oor liefde en verhoudings en hy wou eintlik net die waarheid uitlaat.

Dom

Daai klonkie sit nou vir die res van sy lewe met ’n vreeslike kompleks. Hy sal nooit weer vroue vertrou nie.

Mariaan was nie die beste opsie nie, boeta. Ja, jy’s relatief onskuldig, maar jy’t ’n k*k besluit gemaak. Ons hou van jou, maar jy’s besonders dom. Dis niemand se skuld nie.

Vrydag staan Mariaan en Ben weer voor ’n afgrond. Sy is voor die hemel ’n ander soort siek. Sy vertel eers vir Bennie dat sy so gesuip was sy sou ’n bank soen. Toe gee sy die kind nog ’n vinnige stoot. ’n Saamrygeleentheid op die Shosholoza-Mariaan tot by Stasie Ses, maar daar loop sy haar in Esti vas.

Arme Esti wou net gratis kriekettoerusting vir haar kind met die skoolfooie van R100 000 ’n jaar kry. Sy is seker nou so spyt sy’t nie self die k*k loop koop nie, want dié keer was sy so onskuldig soos ’n lammetjie, maar dit help niks, want sy is vas in die ding.

Dr. Nathan probeer vergeefs met Jacob werk. Jacob het egter sy eie idees. Hy vertel Vrydag vir die ongelooflike aantreklike kopdokter hy het erge tandpyn. Ek is nie seker of Jacob lieg nie. Jacob praat van ’n dentist in die apartheidsdae en dr. Nathan luister gretig na al sy k*k.

Het hy tandpyn of try hy net die storie change? Want maak nie saak wat hy vertel nie, dié man lus luister. Hy’s ’n bekwame sielkundige en Jacob gaan hom nie sommer net afskud nie.

Ek sou natuurlik vir die dokter sê ek het ’n pyn in my lies en hy moet dit masseer op ’n sensuele wyse, maar ek is redelik opportunisties en effe siek en ek dwaal van die punt af. Nou ja, ons skinder weer volgende week. Lekker week en “share” asseblief!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters