Verlede maand
Arme Olivia bly forgettable selfs ná al haar pogings
 ~ 

DIÉ week leer ons Alexa is baie ondankbaar.

Lesedi sluit Alexa in haar kantoor toe en die kliniek is vol mense, maar niemand besef dat sy missing is nie. Sy moes iemand bel om haar te bevry.

Die arme verpleegster maak die deur oop en daar verskree Alexa haar. Die vrou het jou kom red, gesiggie. Jy verdien nie vriende nie.

Op ’n heelwat ernstiger noot het Olivia ook ontsnap van nuwe Haven, maar oor sy so besonders boring is, het die vyand haar nie eers gemis nie.

Net die nuwe Haven-slawe weet sy is missing. Nie ’n enkele soldaat wat haar gevange gehou het, besef sy het ontsnap nie. Olivia is vreeslik forgettable. Dis ook nie haar skuld nie, shame. Dis haar gesig, man.

Dit herinner sterk aan swaarkry en ellende, asook white priviledge en Ruyterwacht. As sy glimlag of ’n gesigsuitdrukking toon, dink ek aan Parow Valley of daai poppie met die hondjie en die mank been by die ingang van elke Spar, Shop­rite of Pick n Pay. Daai een met die k*k bob en die cheap kuifie.

Sy is nou al soveel keer amper dood, dis nie eens meer snaaks nie.

Ná die tyd ly sy alewig aan trauma. Haar gesig praat van seer en swaarkry. Sy lyk altyd asof iemand haar nou net k*k vertel het.

Dis net vliegtuie wat val en ontvoerings en manne wat haar los en nog die cult goeters ook.

Sy het besluit niemand anders se lewe maak saak nie. Sy wou hulle ’n ding wys, maar niemand weet sy is weg nie. Dis ’n klap in enigeen se gesig.

Mariaan is sterk op soek na aandag, want almal is dan nou in Haven gyselaar geneem, behalwe sy en haar k*k boring dogter Alexa. Tot haar 90-jarige ma, Hilda, is agterna geneem, maar nie sy nie.

Die polisie is ook al óp van Mariaan. Die Haven-mense soek haar nie eens vir geld nie.

Nou moet jy weet, as jy geld het en niemand wil jou ontvoer nie, dan moet jy k*k wees. Gil glad op die detective dat Francois met haar ma wil trou!

Bedaar, juffrou, jou ma is nie ’n virgin nie. Jy is nie die produk van safe seks nie.

Fikani raak emosioneel en vol wyse woorde soos hy die nurses aanspreek oor Connie se gesiggie wat nou soos KFC voorkom. Hulle kyk daai donker dokter met soveel seks in hulle ogies, ek wou ’n hele pakkie birth control alleen gebruik.

Niemand mag nou sonder handskoene naby Connie kom nie. Hoe daardie handskoene nou moet help, weet ek nie, want ek verstaan dat sy gebrand het, maar sy is mos nie meer warm nie …

Lesedi speel dokter-dokter met die mense met die bomme. Sy check haar pa se pols op sy skouer. Dan diagnoseer sy hom as ernstig maar stabiel. Dit alles nadat die oom net gehoes het.

Matrone is óp van Lesedi en verwens die dag dat dié posh vrou haar lewe binnegekom het. Ek het my amper vrek gelag, maar wag, ons skinder weer volgende week!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters