27 dae gelede
Amorey trek aan soos ’n prossie vir die Matie-studente
 ~ 

JULLE, hierdie week het my vir ’n ses geslaan!

Ons het geleer Amanda en Jazzmin, oftewel Monique, is ’n lesbiese couple. Dit was vir my baie om in te neem, maar ek het gelukkig bokswyn gehad, so ek was oukei ná twee glase.

Daar’s plek vir almal. Ons moet net geduldig wees en ophou judge.

So what as hulle oor die lesbiese kleurgrens wil koekstamp en giggel? Dis mos hul eie besigheid.

Ons vra dat kerkmense hulle asseblief in dié stadium bepaal by die kerk en ophou stupid aanmerkings maak. Maak ook seker julle weet waar jul kinders is.

Gaan saam met jou vrou biduur en huisbesoek toe sodat Pastoor nie alewig oral met jou vrou gesien word nie. Die kerk gons al klaar.

Julle worry oor die lesbians op die TV. Julle moet worry oor jul eie lewens.

Omkom van die bom is toe die volgende: Monique vlug Kuba toe en laat weet die cops waar Langley se lyk is. Die polisie besef Langley is net ’n paar dae dood en Amanda loop vry, want hoe kon sy hom vermoor het as sy in die tronk was?

Amanda erf dan alles volgens Langley se derde testament en die halfbroers kry boggherol.

Aggie sal met ’n klein troue tevrede moet wees, maar sy’s volgens die storie so skatryk dat sy anyway vir haar eie troue kan betaal.

Die way Amorey aantrek, is sy nou ’n voltydse prostituut en dame van die nag, maar sy verhuis ook sommer Stellenbosch toe waar sy haar daarop sal toespits om ’n geldjie onder die studentebevolking te verdien.

Hoekom sy soos ’n slet by haar farewell moes lyk, weet ek glad nie. Maar in iemand se kop het dit sin gemaak, so ons los dit.

Prinses Karmen se modelling career is op ’n einde. Sy’t sommer op die stage besluit genoeg is genoeg. Haar ma en pa is geskei, want hulle is albei jollers en hulle woon in ’n penthouse, so sy wat Karmen is sal doen nes sy lus kry.

Toe hol sy van die stage af om in die sand te speel en haar sash was daarmee heen.

Willem vat toe dié week weer ’n hele paar nokke.

Rickus moer hom dat sy ogie so stil staan in sy kop.

Oor Mariaan se kleurvolle geskiedenis met haar eie padda kon sy nou nie juis oordeel nie. Sy vertroos toe maar die gebroke klonkie.

Lesedi loop die leefstylsentrum so stylish binne dat niemand sien hoe sy grinnik agter haar waterbottel nie. Sy was ’n vullis – reg genoeg om alles so haarfyn te beplan, maar sy het net die geleentheid geskep.

Willem het self TInker-slet se koejawel begin streel. Daarmee het Lesedi niks te doen gehad nie.

Ons likes ander mense die skuld gee vir dinge wat eintlik net ons eie skuld is. Los daai. Loop lees eerder jou Bybel.

Jacob verlekker hom in die Welmans se oomblik van emosionele trauma. Hy loop deel glo simpatie uit by Chris en Mariaan aan tafel by Oppie­koffie, maar verander vinnig sy tune en sê basies vir hulle: “Goed so, mag dit net die begin wees van vele ellende vir jul gesin.”

Chris bars amper ’n aar en ek lag my mos amper dood. Maar wag, ons skinner weer volgende week. Dinge raak nou erg interessant.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters