7 maande gelede
Alexa se lae selfbeeld kort eintlik net ’n beter jean
Carina Nel as die skoongesig- en effe preutse dr. Alexa Welman in 7de Laan.  ~ 

ALEXA se selfbeeld is moer toe oor sy glo sy’s spekvet, maar sy besef nie dit het niks met haar lyf te doen nie.

As sy ophou k*k aantrek, sal haar lewe regkom. Die sakke op haar hoë ouma-jean is so verskriklik groot, sy kan my maklik oral saamneem. En die bitter goedkoop bra wat hulle haar aantrek, verleen minder ondersteuning as Gift of the Givers op ’n Vrydagmiddag.

Jy’s nie vet nie. Jy’s net stupid.

Charmaine vertel vir Jacob dat Ruth ruthless is, toe sit ek so alleen en lag vir Charmaine se boring joke dat ek vergeet hoe sleg Lesedi se nuwe pruik regtig lyk. Dis ’n soort sonde wat hulle dag ná dag op haar kop druk, want hulle is totaal moedeloos oor haar situasie.

Ruth is hier in en uit en sy het net ons almal se lewe kom omkrap.

Daai vrou het regtig geen respek nie. Ek voel net die minste wat sy kon doen, is ’n keppie opsit terwyl sy ons lewe so versuur het.

Ons verdien beter as die soort seerkry wat Ruth saam met haar gebring het.

Sy is nou wel weg, maar ek moet erken ek het haar nogal geniet.

Olivia is steeds ’n jintoe en Diederik is nog altyd vertraag. Ek hoop eerlik iets gebeur in hulle lewe sodat hulle net ’n doel kan kry.

Hulle kan mos steeds emigreer. Australië het hulle nodiger as ons. Ek is bereid om daardie opoffering te maak.

Vrydag is dr. Nathan se hemp k*k gestryk en Fikani kan nie sy siekbrief-boekie opspoor nie. Daar is ’n kliniek in Johannesburg waar almal alles net so los om skryfbehoeftes te soek.

Xander het steeds nie geskeer nie en Karmen se kop het dringend ’n nuwe pakkie blackmail pantyhose en ’n ferm hand nodig.

Daai kind het net ’n paar moerse klappe nodig. Sy sal bitter gou regkom.

Vince en Hilda battle met pienk en Vince wen loshande, want ek het in my lewe nog nooit ’n pienker hemp gesien nie. Dit kos ’n vrou van inbors en sterk waardes om daardie soort pienk met selfvertroue af te pull, maar Vince staan vir niks terug nie.

Vanessa lyk vir my so mooi met hierdie toutjiehare en die nuwe bloese, veral die rooi een. Vreeslik trots op haar. Net jammer haar kind het sulke k*k maniere.

Dis oor sy nooit daardie kind se kop uitkam nie.

Ek meen Bonita sit maklik agter hierdie Karmen-kind se malligheid. Julle moet nooit vergeet hoe beneuk daai vrou is nie.

Sy jaag Karmen maklik Score of Red Bull in. Bonita is so vuil.

Wag, ons skinder weer volgende week. My plek is op.

Join gerus die Facebook-groep “7de laan Maak My Skaam” en skinder elke dag saam.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters