6 maande gelede
Aggie sal nie rus totdat EFF Chris se huis vat nie
STER: Vian Singleton is te sien as Thomas.Foto verskaf  ~ 

ALEXA is Maandag vuur en vlam agter Fikani se geskiedenis aan.

Die ongeskikte flerrie met die white privilege maak of sy Diedie se welsyn op die hart dra, maar enigeen kan sien sy hou veel meer van die titel en die aandag as van die pasiënte.

Ek wens Amanda het haar destyds eerder in die bek geskiet. Haar stem, as sy so kerm, is genoeg om enigeen na dwelms te dryf. Hoe het sy nie opgelet Diederik toon onttrekkingsimptome nie?

Aggie het gedink Jacob wil haar padda streel. Die verspotte vrou dink daai irriterende oom van die heritage site wil haar moemfie lekker maak. Aggie is darem vreemd en so erg optimisties.

Kyk hoe trots was sy op daai plastic earrings. Sy’t charm bracelets gemaak en almal het geweet dis k*k, maar het haar jammer gekry. Nou word dié lucky packet jewellery in boetieks verkoop.

En sy’t vir Chris Welman so lelik ingesê toe hy haar aanvat oor haar geskinner. Sy’t basies die oom se alkoholisme in sy gesig gegooi en die man voor almal embarrass.

Aggie se hart koester nog apartheid­woede as ek die saak reg kyk. Sy gaan nie rus totdat die EFF Chris se huis vat nie.

Vrydag piemp Justin vir Diedie met die dwelmprobleem by Alexa. Worcester se mense kan darem vreeslik skinner. Almal se besigheid lê naweke in Club 925 se parkeerterrein. Justin was seker ’n regular.

Charmaine moedig Jacob aan om sy passie vir tuinmaak verder te vat, maar hy wil nou low-cost housing in Alexandra bou.

Hy’s ledig. Hy kan doen met sy goue jare wat hy wil – solank hy dit êrens anders loop doen.

Diederik se paartie in sy neus het skielik erg tot ’n einde gekom. Die probleem met daai neuspoeiers is dat alles wat opstyg, weer moet afkom.

Dis nooit ’n maklike landing nie. Die downer voel soos ’n botsing van voor gevolg deur iets wat voel soos griep met spierpyn en kopsere wat ’n week lank kan aanhou.

Cold turkey, soos Diederik hom nou ervaar, is jou eie lyf wat die gifstowwe uit forseer met koors, spierpyn en mood swings, wat maak dat jy eerder wil sterf.

Thomas en Esti is nou weer besties. Hulle het mekaar mos nou aanvaar. Vanessa se matric ball-rok maak dat Justin se voorkop sopnat gesweet is.

Vanessa is boonop gesuip en sy dans sulke spulse ballroom-goeters met Justin.

Die wiskunde-onnie neem vir Esti, die stripper, haar selfoon-charger wat sy laat val het by die skool.

Esti dink hy kom net daar aan met goeie bedoelinge, maar toe lay-bye die jintoe-oom ’n lapdance en blackmail Esti met die video wat Jacques duidelik met ander gedeel het...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters