10 dae gelede
Waar om Euro2020 te stream
uefa pro
Die Uefa Euro 2020-sokkertoernooi kan op Showmax Pro gestream word.  ~ Foto Verskaf

SOKKER fans van regoor die vasteland gaan nou elke wedstryd van die Uefa Euro 2020-toernooi op Showmax Pro kan stream.

Showmax Pro, wat laas jaar bekendgestel is, sluit in die bestaande Showmax-vermaaklikheidsaanbod saam met musiekkanale, nuus en regstreekse sport wat vanaf Supersport gestream word.

Die Euro-sokkertoernooi lewer gewoonlik uitstaande sokker, met baie van die wêreld se voorste spelers op die grand stage.

Daar gaan beperkings op toeskouers wees en wedstryde gaan in 11 stede oor 11 lande aangebied word.

Volgens Uefa is dit 'n "romantiese gebaar" om die toernooi se 60ste verjaarsdag te vier.

Kykers word 'n eiesoortige skouspel beloof met die verskil tussen die gasheerstede wat tot die uniekheid van die event bydra.

Portugal gaan hul kampioenskap verdedig, hoewel Frankryk, België en Engeland almal hoër aangeslaan word en met groot verwagting van toeskouers sal speel.

Meer sokker vir meer mense:

Yolisa Phahle, Multichoice se uitvoerende hoof vir algemene vermaak en Connected Video, sê oor die toevoeging: "Ons weet Afrika is sokkermal en is opgewonde dat meer mense die wedstryde weg van die huis en ook by die huis sal kan stream."

Marc Jury, Supersport se uitvoerende hoof, sê: "Om die hoë-gehalte toernooi aan sportondersteuners op die Showmax-stromingsplatform te kan bring, is 'n opwindende toevoeging tot die vele Supersport-platforms wat hoë-gehalte sport aan kykers bied." 

Wat is nog op Showmax?

Ander regstreekse sport wat op Showmax Pro beskikbaar is, sluit in alle Engelse Premierliga-, Serie A-, La Liga-, en PSL-wedstryde sowel as 'n wye verskeidenheid van regstreekse sport soos atletiek, boks en die wêreld se grootse maratons.

Dokumentêre sportprogramme wat op Showmax beskikbaar is, sluit in HBO se boeiende gholfdokumentêr Tiger, What's My Name: Muhammad Ali, Klopp: The Inside Story en SuperSport se aangrypende Chasing the Sun, die reeks oor die Springbokke se inspirerende oorwinning van die 2019 Rugbywêreldbeker.

Showmax Pro bied ook 'n keur van regstreekse nuuskanale soos Euro News, Africa News en Newzroom Afrika.

Buiten sport, bring Showmax ook vanjaar oorspronklike reekse vanuit Kenia en Nigerië. Die eerste Keniaanse "Original" is die misdaadreeks Crime and Justice gevolg deur die Nigeriese "Original", die werklikheidreeks met die werklikheidster en musikant, Laycon. Albei reekse is beskikbaar om te binge-watch.

Die opvolg van die baie gewilde Tali's Wedding Diary, Tali's Baby Diary, DAM, 'n sielkundige riller wat op 'n kleindorpie afspeel en die neo-noir moordraaisel op die Kaapse Vlakte, Skemerdans, is ook nou beskikbaar om te stream.

Later in 2021 kom Showmax se jongste gesamentlike produksie met Canal+, Blood Psalms, 'n reeks gebasseer op oeroue Afrika-mitologie sowel as Showmax se eerste gelisensieerde internasionale werklikheidsreeks Temptation Island South Africa

Teken in op Showmax Pro vir vanaf R225 per maand.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters