Verlede jaar
Stille mylpaal onder talle AVBOB Poetry stemme
avbob poetry
Avbob Poetry-kompetisie  ~ 

AVBOB Poetry is 'n syfer-speletjie. Die doel is om 'n oorgang spasie vir so veel moontlik Suid-Afrikaners te bied, en hulle help om in hul tyd van rou aan te beweeg.

Die kompetisie gaan oor die gehalte van gedigte in al 11 van ons tale, en die gemak wat dit bied. Dit gaan oor die talent, die triomf oor teenspoed, oor volharding – al die eienskappe wat ons maak wie ons as nasie is. 'n Herdenking van ons veerkrag.

Natuurlik is die omvang van die projek en wat dit sou bereik nie verwag toe dit die eerste keer goedgekeur is nie. Die verwagtinge was meer beskeie die jaar wat die kompetisie bekendgestel is. Daar was maar gehoop op 5000 inskrywings, en 20 000 oorspronklike gedigte is toe ontvang. Sedertdien het die kompetisie jaarliks gegroei, soos meer en meer Suid-Afrikaners die spasie ontdek het, en verheug is oor die skaars geleentheid om in hul moedertaal te skryf.

Die beoordelingproses van die kompetisie is altyd streng met bekroonde redakteurs wie hulself en digters aan 'n hoë standaard meet. Van die duisende gedigte wat instroom, word slegs die sterkste en met baie emosie vir publikasie op die aanlynplatform aanvaar. Dit kwalifiseer dan ook vir die jaarlikse AVBOB gedigte-prys – wat jaarliks aan die beste gedig in elke taal-kategorie toegeken word.

Wat nie verwag was nie is toe die aantal gedigte wat aanvaar is vir die platform – in net drie jaar – 10 000 bereik het. Die syfer alleen sê baie. Dis die grootste versameling van oorspronklike, plaaslike gedigte in hul soort. Dit is 'n versameling van stemme. 'n Simfonie van strofe wat direk praat van ons gedeelde ervaring van verlies en hoop. En daardie 10 000 gedigte is uit 80 000 gedigte, wat oor 'n tydperk van drie jaar ingehandig is, gekies.

Jaar van kompetisie *:

Jaar van kompetisie

*Klein verskille in die syfers van uitslae wat voorheen berig is weens digters wie skuldig bevind is aan plagiaat en wie se gedigte van die webwerf afgehaal is, or wie self versoek het hul gedigte moet verwyder word. 

Hierdie is maar net die begin.

“Noudat ons hierdie wonderlike hulpbron het, hoop ons dat hierdie powerful gedigte hul weg af van die platform en in na die regte wêreld sal vind, waar dit hardop gelees en gedeel sal word op spesiale geleenthede en by vieringe,” sê Carl van der Riet, hoofbestuurder van AVBOB.

“Dit is een van die redes waarom ons die tema van liefde, geboorte en hoop in die kompetisie, saam met dood, gebou het. Soveel soos wat ons wil rou oor diegene wie ons verloor het, wil ons die lewe vier.”

avbob poetry
AVBOB Poetry

Vir toegang tot gedigte in AVBOB Poetry’s-biblioteek klik hier: AVBOB Poetry 

Hierdie is 'n tweeledige behoefte – om die lewe te vier en verlies te herdenk – wat tot ons almal spreek. As jy kyk na die groeiende belangstelling in die kompetisie en gebasseer op die ontluikende gemeenskap van digters kan daar teen die einde van die 2020-kompetisie 100 000 inskrywings bereik word. Daardie 100 000 sal die rykdom van ons 11 tale reflekteer, soos wat die 10 000 gedigte tans doen.

Gepubliseer volgens taal
  • English: 967
  • Afrikaans: 1 213
  • isiZulu: 2 517
  • isiXhosa: 529
  • Sesotho: 474
  • Sepedi: 347
  • Tshivenda: 1 310
  • Setswana: 183
  • Xitsonga: 2 221
  • Siswati: 116
  • isiNdebele: 175

Die volgende AVBOB Poetry-kompetisie begin op 1 Augustus 2020, maar nuwe digters word nou reeds aangemoedig om te registreer om seker te maak hulle ontvang die nodige inligting.

Die digter-gemeenskap word ook genooi om ons blog te lees en aanlyngesprekke rondom die gedigte en waarde daarvan op almal te begin. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters