11 dae gelede
Sanbury Square: ‘n inkopiefees vir die hele gemeenskap
sanbury square
Sanbury Square: Vir prettige inkopies!  ~ 

Alle oë is gerig op die nuwe Sanbury Square-winkelsentrum wat voltooiing nader en gereed is om sy deure oop te maak op Donderdag 25 Februarie 2021.

Sanbury Square is gerieflik geleë op die hoek van Ou Hoofweg/Ou Faure-weg en Baden Powellrylaan, Kaapstad, en beloof ‘n veilige, gerieflike eenstop-inkopie-ervaring vir inwoners van hierdie snel ontwikkelende area asook die groter Wynlandgebied te wees. Die ontwikkelaar en verhuurder Griffin Holdings se fokus is spesifiek gemik op inkopipes vir die hele gemeenskap.

Daar wag nie net ‘n eenstop-inkopie-ervaring op besoekers nie, maar ook werksgeleenthede wat in die area geskep word. Na voltooiing sal die sentrum nuwe geleenthede bied vir winkels en hul personeel, gevolglik sal die plaaslike mark vir werksgeleenthede ‘n hupstoot kry en volop geleenthede geskep word binne die plaaslike ekonomiese ontwikkelingsektor.

Die inkopiebestemming van 6 705 vierkante meter bied ‘n verskeidenheid sterk ankerhuurders soos Pick n Pay en Clicks asook ‘n aanloklike verskeidenheid  prominente modehandelsmerke, verskeie eetplekke, plus gesondheids- en skoonheids-, huisdekor- en leefstylwinkels.

Besoekers aan die sentrum kan uitsien na OTM-bankdienste, KFC, The Crazy Store, PEP en Die Visfabriek. Ander welbekende winkels sluit in Neovision, The Butcher Shoppe, Swartland Water, The Vet Shop en nog baie meer.

Verdere opwinding is te danke aan ‘n Fives Futbol-sentrum wat vermaak vir oud en jonk bied.

Sanbury Square spog met pragtige argitektuur, wye wandelgange en ‘n maklik toeganklike parkeerterrein met twee hoofingange. Daar is volop gratis parkeerplek en vloeiende toegang sal verkeersopeenhopings voorkom.

Sanbury Square-gaste kan uitsien na die opening van die voltooide projek wat beoog word vir Donderdag 25 Februarie 2021 vanaf 08:00.

Kom geniet plesierige inkopies sewe dae per week by Sanbury Square... sien jou daar!

Uitgereik namens Sanbury Square deur Word4Word Marketing.

Vir verdere besonderhede, kontak Susanmarie Auret by 082 562 6895 of stuur 'n e-pos na susanmarie@word4word.co.za.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters