2 maande gelede
Bou ekonomie deur local produkte te koop
lisle clarke
Lisle Clarke, hoofbestuurder van Twizza  ~ 

DIE TROTSE local koeldrank, Twizza, doen 'n beroep op Suid-Afrikaners om plaaslike produkte te koop.

Hoofbestuurder, Lisle Clark, verduidelik: "Met die beroep moedig ons alle landsburger om local produkte te koop en so te help om ons ekonomie weer aan die gang te kry." 

Twizza het tydens die lockdown, terwyl die sportwêreld ’n blaaskans geneem het, die wêreld gewys wat vasberadenheid en geloof kan doen.

Hulle het ’n dubbele goud en silwer by die Aurora International Taste Challenge 2020 losgeslaan.

Die groep het ook die Telkom-netbaltoernooi ondersteun en geborg, deur Suid-Afrikaanse vaardighede te gebruik en te bemark, soos dié van Mnr. Empty, die graffiti-kunstenaar wat hulle depot in Johannesburg opgehelder het.

“Hierdie jaar het ons werklik gewys wat ons as ’n onderneming kan bereik wanneer ons mense bemagtig om te werk en te floreer, waar hulle ook al mag wees.

“By Twizza glo ons nie aan perke nie, ons is te dapper en helder en as ’n familie sien ons uit na wat 2021 vir ons sal bring,” voeg Clark by.

Twizza moedig alle Suid-Afrikaners aan om meer tyd vir hul vriende en familie te spandeer en ook om te onthou om Twizza deel van die vieringe te maak.

Wie beter om in die koeldrankbehoeftes van Suid-Afrikaners te voorsien as ’n trots Suid-Afrikaanse drink?

Twizza bied drie unieke brands- Twizza, Twizza Energy drinks en Clark & Sons premium mixers.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters