6 maande gelede
Betroubare diens teen lae-pryse ‘n wenresep
paper boss
Paper Boss  ~ 

PAPER Boss gló reeds sedert 2007 daaraan om die beste gehalte produkte teen die laagste pryse met die bes moontlike diens te lewer. 

Gestig in 2007 het die maatskappy eers handel gedryf onder die naam New Vision Marketing, waar hul fokus was op die bemarking van til slip-bemarking en advertensies. Voordat hulle in 2011 na Paper Boss oorgeskakel het.

Vandag bied hul produkte aan vanaf een grootte rol kasregister-strokies tot meer as 5 000 ander.

Paper Boss verskaf papier en verwante verbruikersgoedere aan ’n wye verskeidenheid besighede. Dit sluit in Supermarkte, restaurante, garages, hotelle, gastehuise, kantore, slaghuise, bakkerye, apteke, regeringsektore, sportklubs, fabrieke, dobbelhuise en vele meer. Hulle het ook takke in die Wes-Kaap en Gauteng. 

Verder lewer hulle ook gratis af in die meeste dorpe in Suid-Afrika, met ‘n klein fooi wat gevra word vir aflewering in sekere gebiede.

Gustav Prinsloo, mede-eienaar, vertel: “Om langer as twaalf jaar in die papierbedryf te wees, het ons geleer dat kliënte betroubare en vinnige diens benodig. Dit terwyl hulle die laagste pryse in die bedryf betaal.

“As jy dit met uitstekende kliëntediens sit het jy ‘n wenresep vir sukses.”

Maar wag dis nie al nie, daar is nog.

Behalwe vir die diens deur Paper Boss hoef jy nie ver te kyk vir hulp met ‘n nuwe voorkoms, vars naambord-idees, kreatiewe geskenkidees of nuwe werksklere nie. 

Boss Branding, wat ‘n sub-afdeling is van Paper Boss, is perfek om jou met intreevlak laekoste produkte te help.

Hulle glo daaraan om jou handelsmerk lewe te gee.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters