8 dae gelede
Betaal vir een maand van Showmax en stroom vir drie
real housewives of durban
Die Real Housewives of Durban op Showmax

Maak nou gebruik van die asemrowende aanbod en jy kan drie maande lank deur Showmax vermaak word.

Of jy nou na ’n HBO-reeks soek, Mzansi se gunstelinge of ’n aksiefliek, dié stroomdiens beskik oor ’n unieke kombinasie Afrika-inhoud, eerste en eksklusiewe internasionale reekse, die beste kinderprogramme, regstreekse nuus en sport – dit alles met géén advertensies tussen-in nie. 

Skop die nuwe jaar af met die ongelooflike deal: Jy kry ’n Showmax-subskripsie vir drie maande teen die prys van ’n subskribsiefooi vir een maand! Dis 12 weke se vermaak om jou 2021 na die volgende level te neem. Kliek hier om meer te lees.

Hoeveel kos dit?

Jy kan vanaf 21 Januarie tot 31 Maart drie maande se subskripsie kry vir die prys van een regoor al Showmax se pakkette

  • Showmax Mobile was R147 – dit is nou R?49.
  • Showmax was R?297 – dit is nou R99.
  • Showmax Mobile Pro was R675 – dit is nou R225.
  • Showmax Pro was R1?347 – dit is nou R449. 

Kliek hier om in te teken

Wat om te kyk:

Showmax is die enigste plek waar jy al die divas van The Real Housewives of Durban kan kyk – en dit alleen is genoeg rede om nóú aan te teken. 

Jy kan ook uitsien na meer Showmax Originals, insluitende die psigologiese riller Dam wat op 22?Februarie uitgereik word asook die langverwagte sequel Tali’s Baby Diary wat in Maart beskikbaar gaan wees. 

Showmax het ’n lang lys plaaslike programme waarna jy vanaf die eerste episode tot die laaste een kan kyk. Wil jy die hele Tumi-Lindiwe-saga in The River herleef? Geen probleem! Wil jy sien hoe Shaka weer uit die dood opstaan in The Queen? Of wil jy sien hoe Thati haar magsposisie in Gomora verloor? Dít is alles op Showmax

En dit is nie al nie! Mzansi Magic en kykNET sal ook tot 31 Maart regstreeks gestroom kan word as spesiale pop-up kanale – so jy sal presies kan sien wat op televisie wys soos dit gebeur.

As movies jou ding is, moet jy nie uitmis op briljante plaaslike drama’s soos Moffie en Fiela se Kind of internasionale aksieflieks soos Jurassic World, John Wick 3: Paraballum, Rambo: Last Blood en Megan Fox in Rogue misloop nie. 

Kliek hier as jy alles wil sien wat nuut is op Showmax. Kliek hier om deel van die Showmax-familie te word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters