Verlede maand
AVBOB verleng finansiële ondersteuning tydens Covid-19
avbob
Die skielike toename in nuwe Covid-19-infeksies en sterftes tydens hierdie tweede vlaag het geweldige druk op Suid-Afrika se begrafnisbedryf geplaas.  ~ 

Terwyl Suid-Afrika met 'n tweede vlaag Covid-19-infeksies worstel, het die begrafnisdiens- en versekeringsgroep AVBOB onderneem om die persoonlike beskermende toerusting (PPE)* wat alle AVBOB begrafnisondernemers en personeel tydens begrafnisse gebruik, gratis te bly verskaf tot en met 31 Maart 2021.

Die mate waartoe die pandemie steeds inbreuk maak op Suid-Afrikaners se lewens en hul lewensbestaan het AVBOB genoop om die kwessie op 'n proaktiewe wyse te benader, naamlik om die finansiële las op families wat afskeid van ‘n geliefde moes neem, te verlig. Vanaf Julie tot November 2020 het AVBOB sy polishouers en private kliënte gesamentlik R5,7 miljoen bespaar deur die aanvanklike voorsiening van gratis PPE* vir personeel wat begrafnisse behartig.

AVBOB optimaliseer takinfrastruktuur

Die skielike toename in nuwe Covid-19-infeksies en -sterftes tydens hierdie tweede vlaag het geweldige druk op Suid-Afrika se begrafnisbedryf geplaas. Sedert die pandemie in 2020 uitgebreek het, het AVBOB egter talle maatreëls ingestel om hierdie uitdagings die hoof te bied ten einde steeds 'n waardige afskeid vir hul kliënte en polishouers te verseker.

AVBOB-personeel in die voorste linie is onder geweldige druk om in die begrafnisbehoeftes van families wat geliefdes verloor het te voorsien. Dit het sekere AVBOB-takke gemotiveer om hul werksure tot 22h00 te verleng en dienstente buite hul takke op te rig om diens aan kliënte doeltreffender te maak aangesien beperkte getalle kliënte binne die takke toegelaat word weens Covid-19 beperkings. Elke moontlike maatreël is getref om die uitdagings wat alreeds vir diegene wat treur onoorkomelik lyk, te verlig.

Hierdie verhoogde druk het ook 'n groter vraag na doodskiste tot gevolg gehad. Volgens AVBOB se Hoofbestuurder: Korporatiewe Aangeleenthede, mnr Adriaan Bester, het AVBOB landwyd die nodige voorbereidings getref om aan die groter vraag te voldoen, aangesien hulle hul eie kiste en begrafnisware by AVBOB Industrieë in Bloemfontein vervaardig. 

AVBOB besef hoe belangrik dit is om innoverende en koste-effektiewe strategieë toe te pas wat hul polishouers en private kliënte direk bevoordeel. “Ons het ons mobiele verkoelingseenhede (lykhuise) tot 22 eenhede vermeerder en regoor die land versprei, en ons is besig om addisionele eenhede toe te rus om hierdie kapasiteit nog verder te verhoog,” beklemtoon Bester. “Hierdie mobiele verkoelingseenhede skep addisionele kapasiteit by bestaande fasiliteite wat tans die groeiende druk van Covid-19 moet hanteer.” AVBOB sal voortgaan om lewensvatbare oplossings te implementeer wat hul polishouers en private kliënte bevoordeel, aangesien ons almal saam die gevolge van hierdie pandemie ervaar.

Hierdie verbintenis word verder bewys deur die volgehoue voorsiening van GRATIS begrafnisvoordele vir lede** deur AVBOB Begrafnisdiens, wat sy polishouers vanaf begin Julie tot einde November 2020 'n bykomende R160 miljoen bespaar het. Kwalifiserende polishouers en AVBOB-lede sal in die komende jaar steeds voordeel trek uit hierdie GRATIS begrafnisvoordele** – 'n GRATIS begrafnis ter waarde van R12 000, 'n onmiddellike kontantbetaling van R2 500 vir aanvanklike uitgawes, en GRATIS vervoer van die oorledene binne die grense van Suid-Afrika.

AVBOB onderneem om op innoverende wyse hul handelsmerkbelofte van “Ons is hier vir jou®”, tydens en ná die Covid-19-pandemie, gestand te doen. Vir meer inligting oor AVBOB se reaksie op Covid-19, klik hier.

* Diskresionêre PPE is steeds vir die kliënt se rekening. Dit sluit PPE in wat die gesin langs die graf of by die besigtiging van ’n liggaam gebruik.

** Bepalings en voorwaardes geld. Gratis begrafnisvoordele is slegs van toepassing indien AVBOB Begrafnisdiens die begrafnis onderneem. AVBOB is ’n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer. AVBOB is ’n vlak 2 SEB-bydraer. FDV 20656. www.AVBOB.co.za

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters