6 maande gelede
AVBOB stap ekstra myl vir sy mense en gemeenskappe
avbob,viatv
Carl van der Riet op 'n onlangse episode van op Besigheid wat saak maak, die nuwe TV-ontbytprogram op VIA (DStv-kanaal 147).  ~ 

DIE begrafnisdiens- en versekeringsgroep AVBOB is, reeds vir meer as ‘n 100 jaar, diep gewortel in die gemeenskappe wat hulle bedien. Dít het die onderlinge genootskap gehelp om ’n skerp vernuf te ontwikkel om optimaal te funksioneer in die groeiende en ontwikkelende bedryfsomgewing waarin dit sake doen.

Volgens AVBOB se uitvoerende hoof, Carl van der Riet, is AVBOB baie trots op die tradisie en geskiedenis wat die onderlinge versekeringsgenootskap gebring het tot waar dit vandag is.

“Maar ons is baie bewus daarvan dat die nalatenskap van daardie geskiedenis ons net só ver sal bring. Dit vereis ’n kopskuif by elke persoon in diens van AVBOB; ’n geestesingesteldheid wat voortdurend vernuwe moet word.

“Wanneer die regte ingesteldheid heers, baat ons kliënte daarby. En hoewel ons elke maand talle begrafnisse behartig, is die begrafnis wat ons vir elke kliënt hanteer, die enigste begrafnis wat hulle gaan hou. Dit beteken dat elke begrafnis spesiaal moet wees.

“Ons moet dit hanteer asof dit die enigste gebeurtenis in ons korporatiewe lewe is.”

Van der Riet, wat die afgelope Saterdag op Besigheid wat saak maak, die nuwe TV-ontbytprogram op VIA (DStv-kanaal 147) verskyn het, sê hoewel AVBOB reeds sedert 1918 in die begrafnisbesigheid is, is die diens wat hulle bied net so goed as die laaste interaksie wat hulle met kliënte gehad het. Dit is iets waarop die groep altyd moet let.

AVBOB begragnisverteenwoordigers is ongelooflike mense met hoë emosionele intellegensie (EQ)

Van der Riet is vol lof vir die AVBOB-mense, veral diegene in begrafnisdienste, wat hul gemeenskappe onvermoeid dien.

“’n Begrafnisdiens is ’n besigheid wat nie altyd reg verstaan word nie. Nadere beskouing van dié diens wat ons lewer bring mense tot die besef dat ons bystaan om genesing, berading, empatie en berusting te help bring.

“Ons begrafnisverteenwoordigers is absoluut ongelooflike mense. Hulle het hoë emosionele intelligensie (EQ) en kan komplekse familiedinamika hanteer, insluitend trauma en verlies, en hulle skuif dikwels hul eie omstandighede op sy om families te help genees en herstel.”

Hy sê dit is ongelooflik kragtig en is dringend nodig in Suid-Afrika. “Ons is ’n land wat op baie maniere bang, gebroke en getraumatiseer is, en die genesingsproses wat AVBOB se begrafnisdienspersoneel kan fasiliteer, is ongelooflik waardevol en word grootliks onderskat. Dít verklaar waarom ons doen wat ons doen.”

AVBOB stel sy mense eerste

Oor die groep se ervaring in die ondersteuning van sy personeel, sê Van der Riet dat hulle hul mense altyd eerste stel, wat hul fisiese en emosionele welstand betref.

“Dit is uiters noodsaaklik om ná aan ons mense, ons personeel, te bly. Ons doen dit deur duidelike kommunikasie en deur emosionele ondersteuning te bied. By AVBOB is ons vas oortuig van ons familiestatus, en dat familiewaardes die proef deurstaan. Ons het geleer om ons familie naby te hou.”

Hy glo dat dit AVBOB se uniekheid is wat hulle onderskei van ander ondernemings wat in dieselfde spasie sake doen en dat dít die platform is wat sal verseker dat AVBOB in die toekoms suksesvol sal bly.

“Eerstens is ons ’n onderlinge genootskap – die enigste onderlinge begrafnisversekeringsgroep in die land – wat beteken dat ons geen aandeelhouers het nie. Ons het slegs ons lede wat polisse by ons het. Daarom word alles wat ons doen gedryf deur daardie kultuur, deur die filosofie om te doen wat in die beste belang van ons lede is.”

Vir AVBOB gaan dit om veel meer as net die versekeringseis. Dit behels ’n diepe skakeling met die familie, die uitvoering van die begrafnis, om kliënte te vertroos en hulle deur ’n tyd van groot trauma te begelei. “Dit is ’n baie meer empatiese en betrokke benadering, wat ek dink uniek is in Suid-Afrika. Voorts het ons ’n stewige teenwoordigheid wat beteken dat ons daardie spesiale ondersteuning regoor die land deur enige van ons talle takke kan bied.”

AVBOB se produkinnovering ingelig en gelei deur die behoeftes van kliënte

Wat die bekendstelling van nuwe produkte betref, sê Van der Riet dat sover dit hulle versekeringsake betref, hulle nie net nuwe produkte in die mark uitstoot nie, maar dat hulle eerder deur die behoeftes en vereistes van hul kliënte gelei word.

“Ons huidige produkte voldoen werklik goed aan die behoeftes van ons kliënte. En teen hierdie tyd ken ons ons kliënte reeds baie goed.”

AVBOB se fokus op produkinnovasie verseker dat die produk meer toeganklik is en ’n diens aan kliënte lewer op ’n manier en deur ’n kanaal waarmee hulle die mees gemaklikste is.

“As dit by begrafnisdienste kom, is daar ’n wye reeks gebruike en tradisionele praktyke wat ons volg en wat ons kliënte versoek. Soos sake tans staan, het ons aansienlik aangepas by die beperkings wat Covid-19 op almal geplaas het – oor wat ons mag en nie mag doen nie. Ons moes aan ons kliënte verduidelik hoe dit hulle raak en hulle dan deur die proses lei. En soos dinge verder ontwikkel, sal ons aanpas met nuwe praktyke.”

AVBOB se vindingrykheid het einde verlede jaar gelei tot die bekendstelling van Aquamation, ’n vlamlose verassingsoplossing wat ’n eerste vir die Afrika-kontinent is.

“Dit is maar een van die voorbeelde wat dui op ons innoverende gees. Die plan is om Aquamation verder uit te rol.”

Jy kan die onlangse onderhoud op VIA TV ook hier kyk:

Intussen is AVBOB se nasionale inbelsentrum 24uur ‘n dag, 7 dae ‘n week beskikbaar. Skakel #DieNommerOmTeHou by 0861 28 26 21. Let Wel: standaardtariewe geld.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters