3 maande gelede
AVBOB se AJV bring hulde aan uitnemendheid te midde van Covid-19 storm
carl van der riet,avbob
AVBOB hoofbestuurder, Carl van der Riet.  ~ 

“Die eerste helfte van 2020 is gekenmerk deur ongekende en onvoorsiene gebeurtenisse wat gewissel het van die globale pandemie en resessie tot nasionale en internasionale burgerlike onrus en natuurrampe – die spreekwoordelike ‘perfekte storm’. In die proses het Covid-19 tydens die sogenaamde Groot Inperkingskrisis ? wesenlike impak op individue, gemeenskappe, besighede en lande gehad.”

Met hierdie woorde het AVBOB se voorsitter, prof.Piet Delport, die onderlinge groep se 69ste Algemene Jaarvergadering op 18 November 2020 geopen.  Die geleentheid waartydens die onderlinge vereniging se resultate vir die 2019/2020 finansiële jaar voorgelê is, is in lyn met huidige COVID-19 regulasies, bygewoon deur ? beperkte aantal belanghebbendes by die perseel van Continuity SA in Midrand, en ook aanlyn waargeneem.

VOLGEHOUE ORGANIESE RESULTATE

Ten spyte van die bogenoemde onverwagte gebeure en gevolge het AVBOB volgehoue organiese resultate getoon, meestal danksy die groep se vinnige en omvattende optrede in reaksie op die COVID-19 pandemie. “Ons het gefokus op die bevrediging van kliënte en werknemers se behoeftes en die uitbreiding van digitalisering, en ons het ? aantal vernuwende dienste bekendgestel.  In hierdie uitdagende tye het AVBOB volgehou met die versterking van inisiatiewe om teen die mees bekostigbare prys aan die behoeftes van ons lede te voldoen,” het Delport gesê.

Hy het daarop gewys dat die Groep se volgehoue resultate en groei binne ? baie uitdagende ekonomiese en bedryfsomgewing ook aan sterk leierskap toegeskryf kan word.

MAATSKAPLIKE TOEWYDING

Synde ? onderlinge vereniging, is AVBOB se rol as ? korporatiewe burger die Groep se topprioriteit.  “Omdat ons ? onderlinge vereniging is, erken en aanvaar ons die verantwoordelikheid om te verseker dat ons aktiwiteite en werksaamhede altyd tot die voordeel van die AVBOB-familie en die gemeenskappe waarbinne ons werksaam is, sal bly,” het Delport verduidelik.  Hy het daarop gewys dat die Vereniging se unieke onderlinge model, wat reeds meer as 102 jaar lank suksesvol gebruik word, tasbare ekonomiese welvaart en voordele skep vir hul lede, waarvan 80% uit voorheen agtergeblewe omstandighede kom.

Afgesien van die spesiale bonusse wat die Vereniging oor die jare verklaar het, is daar ook buigsame premiebetalingsbepalings geïmplementeer ompolishouers in hierdie moeilike tye by te staan.  Delport het beklemtoon dat die gratis begrafnisvoordele* wat deur AVBOB se Begrafnisdiens verskaf word, die Groep se grootste toewyding aan hul lede bly.  Daarbenewens het die Vereniging se Korporatiewe Maatskaplike Investeringsinisiatiewe ? groot aantal individue se lewens op tasbare maniere verbeter.

BESTUURSHOOF SE OORSIG

AVBOB se bestuurshoof, Carl van der Riet, wat reeds bykans ? jaar lank aan die stuur van die Groep staan, het die uitdagings wat met die COVID-19 pandemie gepaard gaan, met merkwaardige sukses die hoof gebied.  “2020 was een van die mees onvergeetlike en uitdagende finansiële jare wat ek al ooit beleef het.  Die jaar het sterk afgeskop, maar die algehele prestasie is oorskadu deur die COVID-19 pandemie in die laaste kwartaal,” het hy gesê.

COVID-19 het ongeëwenaarde uitdagings vir AVBOB geskep maar, daarteenoor, ook vir die Groep geleenthede gebied om die daadwerklike waarde te demonstreer wat dit as ? besigheid tot hul kliënte en die gemeenskap kan bydra.  “Die impak wat ons het, bevestig weer eens die relevansie van wat ons doen én van ons doelwitte en plek in die gemeenskap,” het Van der Riet gesê.

Die bestuurshoof het aangekondig dat die Groep, ten spyte van die moeilike bedryfsomstandighede, daarin geslaag het om ? wins voor oordrag aan polishouers van R1.2 miljard vir die jaar te genereer. Die hele bedrag is toegedeel vir die toekomstige vermeerdering van ledevoordele. Van der Riet het daarop gewys dat die Groep R184 miljoen aan lede se AVBOB Beloningsrekeninge uitbetaal het.

Van der Riet het aangekondig dat die Groep ook gehoor gegee het aan president Ramaphosa se oproep om bydraes tot die Solidariteitsfonds wat tot stand gebring is om die impak van die COVID-19 pandemie die hoof te bied en persoonlike beskermingstoerusting aan frontlinie-gesondheidswerkers te verskaf.  “Dit stem my tot groot nederigheid dat vrywillige bydraes van ons personeel, saam met ? bydrae van die Groep, op R4.7 miljoen te staan gekom het,” het hy gesê.

WELVERDIENDE LOF

Van der Riet het die Groep gelukgewens met welverdiende toekennings op ? aantal gebiede. AVBOB is aangewys as die wenner van die Begrafniskategorie in die 2020/21 Ask Afrika Kasi Star Brands Survey vir die derde opeenvolgende jaar in die Township Brands Survey en as die wenner van die Begrafnisdekkingskategorie in die Ask Afrika Icon Brands Survey vir die vyfde opeenvolgende jaar.

Hy het sy rede op ? positiewe noot afgesluit, onder meer deur daarop te wys dat die Groep reeds meer as 100 jaar lank en te midde van beduidende globale veranderinge, “steeds suksesvol reageer op die toenemende druk om te ontwikkel in ons strewe om relevant te bly en die waarde te lewer wat deur ons lede en polishouers van ons verwag word.

“Ons mededingende voordeel, naamlik dat ons ? onderlinge vereniging is, bly ongeskonde en ons bly die enigste onderneming wat begrafnisversekering, begrafnisdienste en begrafnisprodukte as ? eenstopdiens kan bied,” was sy slotsom.

HOOGTEPUNTE VAN DIE 2019/2020 FINANSIËLE JAAR

  • • Die AVBOB Poësie Projek het in sy derde bestaansjaar meer as 30 573 inskrywings ontvang.
  • • Die 56ste vraghouerbiblioteek is in Maart 2020 oorhandig.
  • • R150 miljoen is beskikbaar gestel vir die ontwikkeling van plaaslike verskaffers, hoofsaaklik vir begrafnisdienste.
  • • Die opknapping van plattelandse skole ter waarde van R135 miljoen vorder goed.
  • • R15 miljoen is aan die Sanitation Appropriate for Education (SAFE) inisiatief geskenk.
  • • Premie-inkomste het met 14.0% tot R4.7 miljard gestyg.
  • • Die aantal polishouers het tot 2.2 miljoen gestyg en die aantal versekerde lewens tot 7.0 miljoen.
  • •  Die aantal begrafnisse wat uitgevoer is het gedurende die jaar met 4.5% gestyg.
  • • Gratis begrafnisdienste en -produkte ter waarde van R318.7 miljoen is in die loop van die jaar deur AVBOB se Begrafnisdiens aan lede verskaf.
  • • Die Groep se nasionale voetspoor is met 11 nuwe begrafnis- en versekeringskantore vergroot.
  • • Die Groep is in 2018, 2019 en 2020 deur die Top Employers Institute (TEI) as ? topwerkgewer gesertifiseer.
  • • Surplus vanuit versekeringsbedryfaktiwiteite het met 37% tot R1.8 miljard gestyg.
  • • ? Addisionele R1.2 miljard is beskikbaar gestel vir die verbetering van polishouersvoordele.

TOEKENNINGS EN PRESTASIES:

  • • WENNER van die Begrafnisdekkingskategorie in die 2019/2020 Ask Afrika Icon Brands Survey
  • • Verower PMR.africa Diamond Arrow 2019-toekenning in die Besigheidsektorkategorie: Begrafnisdiens en -versekering, KwaZulu-Natal
  • • Behaal TWEEDE PLEK in die Verbruikerskategorie: Langtermynversekering – Sunday Times 2019 Top Brands Awards
  • • WENNER VAN DIE PLATINUM-TOEKENNING in die Beste Begrafnisplankategorie en die Goue Toekenning in die Beste Langtermynversekeringskategorie van die 2019 Daily Sun Readers Awards
  • •BEDRYFSWENNER van die Begrafnis-/Begrafnisdienskategorie in die 2019/2020 Ask Afrika Orange Index® 
  • • GOUE WENNER in Die Burger se 2019 Jou Keuse-kompetisie, in die Beste Begrafnisdienskategorie in die Wes-Kaap
  • • Die AVBOB Poësie Projek het ? GOUE TOEKENNING ingepalm vir Beste Aanlyn Kompetisie by die prestigeryke 2019 New Generation Social & Digital Media Awards
  • • Die AVBOB Poësie Projek en hul vennootagentskap, die et al GROUP, het in November 2019 TWEE GOUE ASSEGAI AWARDS in die Sosiale Media- en Geïntegreerde Bemarkingsveldtogkategorieë verower
  • • Die Groep is in November 2019 vir die derde opeenvolgende jaar deur die Top Employers Institute (TEI) as ? topwerkgewer gesertifiseer 
  • • WENNER VAN DIE BEGRAFNISDEKKINGSKATEGORIE soos gemeet in die 2020/2021 Ask Afrika Kasi Star Brands Survey

*Bepalings en voorwaardes geld. Gratis begrafnisvoordele is slegs van toepassing indie AVBOB Begrafnisdies die begrafnis onderneem. AVBOB is ‘n gemagtigde finansielediensteverskaffer.

AVBOB is ‘n vlak 2 SEB-bydraer. FDV 2056.

Besoek www.AVBOB.co.za

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters