7 maande gelede
Avbob 'n leier in begrafnisdienste, versekering
avbob
Carl van der Riet, Avbob se uitvoerende hoof.  ~ Foto Verskaf

DIE begrafnisdiens- en versekeringsgroep, Avbob, plaas mense al vir meer as 'n 100 jaar eerste.

Dié ingesteldheid is die onderskeidende kenmerk wat hom anders as sy mededingers in die Suid-Afrikaanse sakeruimte maak.

Carl van der Riet, uitvoerende hoof van Avbob, het onlangs op VIA se Besigheid wat saak maak, gesê: "Ondanks die toename in mededingers in begrafnisversekering in Suid-Afrika is Avbob steeds die enigste groep wat sy kliënte die kombinasie van begrafnisversekering en begrafnisdienste bied.

"Waar baie van die ander maatskappye net versekeraars is, is ons nie," sê Van der Riet.

"So, wanneer dit by 'n versekeringseis kom, hanteer ander dit bloot as net 'n kontantbetaling en geldelike transaksie. Met Avbob is die kultuur anders omdat ons weet dis nie waar ons verhouding met jou eindig nie.

"Met ons gaan dit voort deur die hele begrafnisproses, deur die rou, die ontvalling, regdeur tot waar jou geliefdes uiteindelik ter ruste gelê word.

"Ons maak seker dat ons elke stap van die pad daar is - die hele reis."

Van der Riet voeg by dat dit 'n heel ander dinamika skep omdat hul diens baie meer verhouding- en empatie-gebasseerd is. Omdat Avbob 'n nasionale voetspoor het, waarborg dit dié gehaltediens waarookal in die land kliënte hulself bevind.

Nog 'n unieke kenmerk van Avbob is dat dit 'n mutual society is. Dit beteken die besigheid het nie aandeelhouers nie.

"Ons het net ons lede wat ons polishouers is. Om mutual te wees, kan ons ook unieke benefits aan ons lede verskaf wat ander versekeraars nie kan nie. Byvoorbeeld, elkeen van die meer as 6,8 miljoen lewens in Suid-Afrika wat ons dek is geregtig op 'n gratis basiese begrafnis by enige van ons Avbob-takke regoor die land."

Van der Riet beklemtoon dat, ondanks Avbob se nalatenskap van 103 jaar, dat dit baie bewus is van die feit dat hulle nie arrogant of oorgerus kan word nie.

"Ons moet humble bly, na ons kliënte omsien en oplettend tot hul behoeftes wees," voeg by hy.

"Ons is so goed soos ons laaste interaksie met ons kliënt. Selfs al doen ons maandeliks duisende begrafnisse regoor die land, is elke begrafnis vir elkeen van die families hul enigste een. So, jy moet baie bewus daarvan wees en seker maak dat die diens, ondersteuning en empatie wat ons elke familie gee, alles is wat hulle op daardie oomblik nodig het."

Avbob se begrafnisdienste-personeel is deel van die frontline workers wat deur die Covid-19-pandemie werk om die land te dien.

Hoewel die groep ervaring daarin het om aansteeklike siektes soos Ebola, TB en MIV te hanteer, is almal ten volle bewus van die nuwe gevare wat die corona-virus inhou en is ekstra-spesiale voorsorgmaatreëls nodig.

"Avbob se hoofprioriteit is die veiligheid van sy werknemers. Ons plaas dit bo enigiets anders."

Van der Riet sê die Covid-19-pandemie het die lig gewerp op die groep se vermoë om aan te pas by vinnige veranderinge.

"Dié krisis het werklik baie vir ons onthul oor wie ons as individue en as 'n besigheid is. Dit het vir ons gewys dat ons tot veel meer in staat is as wat ons voorheen gedink het ons was.

"Byvoorbeeld, toe lockdown in werking getree het, kon ons dit regkry om ons hele hoofkantoor-struktuur, van meer as 700 mense, na 'n afgesonderde werksomgewing in minder as twee weke skuif. Dit is iets waarop ek baie trots is en getuig van die kaliber van die span wat ons het."

By Avbob glo ons dat ons 'n familie is en die waardes van 'n familie belangrik ag.

"Om een van ons stigters aan te haal: 'Sien om na die mense en die res sal volg.'

"Daardie filosofie onderskryf steeds die werk wat ons doen en hoe ons kommunikeer met ons werknemers. So om na ons werkers om te sien is ons hoofprioriteit. Dit doen ons deur voortdurende kommunikasie. Dit is deur aandagtig te luister, begrip te hê vir waardeur hulle gaan; hul vrese en onsekerheid in hierdie tyd." 

Die lockdown regulasies het 'n reuse impak op Avbob se verkoopsbedryf gehad, wat bestaan uit 'n groot agente-korps. Hierdie werkers wie staatmaak op kommissie kon weens lockdown nie werk nie.

"Die krisis het 'n aansienlike impak op hulle gehad en daarom het ons hulle deur hierdie proses ondersteun, om seker te maak hulle bly met ons en is ingesluit in die pad vorentoe." 

Van der Riet noem egter dat in die begrafnisdienste-deel van die besigheid dit meer ingewikkeld geraak het om aan 'n familie, wat oor 'n geliefde rou wat hulle verloor het, te verduidelik waarom hulle nie hul tradisies en geestelike praktyke by die begrafnis kan waarneem nie. Hierdie is weens Covid-19-regulasies.

Vir die toekoms voorspel Van der Riet dat social distancing 'n regte uitdaging gaan word  in terme van Avbob se versekeringsverkope-bedryf.

Hoewel die administratiewe en klientediens sal voortgaan soos normaal, sal daar innovering wees in hoe die produk na die mark gaan. Wat die groep se versekeringsagente betref het digitalisering 'n groot deel van die fasiliteringsproses geword.

Dit is egter aan die begrafniskant waar Avbob reeds verandering sien met begrafnispraktyke wat spruit uit Covid-19.

"Daar moet nog gesien word hoe die praktyke groei wanneer die beperkinge gelig word. Dit sluit in of dit bly soos dit nou is of terugkeer na soos voor Covid-19.

"Ons is daagliks gewoond aan 'n verskeidenheid van verskillende praktyke en ons posisie is nie om te probeer om gedrag te kweek nie. Ons posisie is om mense te dien op 'n wyse wat hulle werklik gedien wil wees en om hul proses en reis te fasiliteer." 

Van der Riet se VIA onderhoud kan hier gekyk word: 

Vir alle kliënt-navrae en behoeftes. kan jy Avbob se 24/7 nasionale oproepsentrum by 0861 28 26 21 bel. Standaard oproeptariewe is van toepassing.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters