6 maande gelede
AVBOB gee PPE gratis vir begrafnisse
avbob
Sedert 17 Augustus word persoonlike beskermende toerusting (PPE) gratis vir enige persoon wie ‘n begrafnis deur AVBOB Begrafnisdiens laat behartig aangebied.  ~ 

Dit is die onderlinge versekeringsgenootskap wat AVBOB van ander in die begrafnisdiensbedryf in die land onderskei.

Sedert 17 Augustus word persoonlike beskermende toerusting (PPE) gratis aangebied, vir enige persoon wie ‘n begrafnis deur AVBOB Begrafnisdiens laat behartig**. Die voordeel, waarvan die koste voorheen van die familie van die oorledene verhaal is, is tot 31 Desember 2020 geldig.

Vir meer as 100 jar stel AVBOB die belange van mense reeds eerste. Hierdie is een van die sleutelkenmerke wat die groep van sy mededingers in die Suid-Afrikaanse sakewêreld onderskei. As land se grootste onderlinge versekeringsgenootskap, bly AVBOB getrou aan sy kernbegingsels wat reeds sedert sy ontstaan tydens die Spaanse Griep van 1918 in plek is. Dit is dat elke persoon op ’n waardige begrafnis, teen ’n bekostigbare prys, geregtig is.

Gratis begrafnisvoordele*

AVBOB Begrafnisdiens het in die vorige finansiële jaar (vanaf Julie 2019 tot Junie 2020) gratis begrafnisvoordele* ter waarde van R320m aan sy lede voorsien. In Julie 2020 het die syfer op R50m gestaan. 102 jaar van waarde deel met lede 

AVBOB se sakemodel van gedeelde waarde is gegrond op sy status as ’n onderlinge genootskap. Die groep het geen eksterne aandeelhouers nie, slegs lede (polishouers).

Waarde word met lede gedeel in die vorm van spesiale bonusse en die voorsiening van gratis begrafnisvoordele, bo en behalwe die waarde van die polis. AVBOB Begrafnisdiens se gratis begrafnisvoordele*, ter waarde van tot R17 000, sluit die volgende in:

  • • ’n Gratis begrafnis ter waarde van R12 000, wat die begrafnisreëlings, ’n gespesifiseerde kis en lykwa insluit;
  • • ’n R2 500 onmiddellike kontantvoordeel vir aanvanklike uitgawes; en
  • • Gratis vervoer van die oorledene binne die grense van Suid-Afrika.

Voldoende kapasiteit op alle gebiede om ’n toename in COVID-verwante sterftes te hanteer 

AVBOB is vol vetroue dat die groep voldoende kapasiteit het om te voorsien in die moontlike verhoogde vraag wat weens ’n toename in COVID-19 verwante sterftes kan ontstaan. Hierdie sonder om enigsins sy hoë gehaltestandaarde in die voorsiening van begrafnisdienste en -produkte prys te gee. 

Dit geld vir sy fabriek in Bloemfontein, wat kiste vervaardig, asook die kapasiteit van sy meer as 200 begrafnisagentskappe regoor die land om begrafnisdienste te verskaf. Die onderlinge versekeringsgenootskap het ook skeepsvraghouers in tydelike lykhuise omskep as voorsorg indien daar ’n skielike drastiese toename in sterftes sou wees. 

* Bepalings en voorwaardes geld. Gratis begrafnisvoordele is slegs van toepassing indien AVBOB Begrafnisdiens die begrafnis onderneem. AVBOB is ’n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer. AVBOB is ’n vlak 2 SEB-bydraer. FDV 20656. www.AVBOB.co.za

** Diskresionêre PPE is steeds vir die klant se rekening. Dit sluit in PPE wat die gesin langs die graf of by die besigtiging van ’n liggaam gebruik.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters