7 maande gelede
Avbob aan die voorpunt van vernuwing
Deno Pillay
Deno Pillay, Avbob se kommersiële direkteur,  ~ Foto Verskaf

Avbob Onderlinge Versekeringsgenootskap beskou deurlopende vernuwing as een van die boustene van hul sukses.

Sedert hul ontstaan in 1918 is dit dié ingesteldheid wat daartoe gelei het dat Avbob die markleier in begrafnisdiens en -versekering in Suid-Afrika is.

Volgens Avbob se kommersiële direkteur, Deno Pillay, is begrafnisdienste reeds vir meer as 100 jaar die kern van hul besigheid.

“Oor die jare heen het ons ondervinding en kennis oor Suid-Afrika se verskillende kulture opgebou. Deur middel van 350 takke en 6 000 agente landswyd, kan ons die tipe inligting inwin wat ons in staat stel om aan die voorpunt van vernuwing te bly om sodoende met nuwe produkte en dienste aan die behoeftes van ons kliënte te voldoen.”

Pillay, wat Saterdag op VIA se nuwe TV-ontbytprogram Besigheid wat saak maak (DStv-kanaal 147) verskyn het, sê die groep het einde verlede jaar ’n nuwe omgewingsvriendelike alternatief vir verassing bekendgestel. Dit staan as alkaliese hidrolise of aquamation bekend.

“Dié nuwe groen tegnologie, ’n eerste in Afrika, vorm deel van ons korporatiewe sosiale verantwoordelikheid en ons verbintenis tot omgewingsbewaring.”

Avbob, 'n verantwoordelike korporatiewe burger

Met aquamation word die liggaam in 'n vlekvrye staalhouer geplaas, waarna hitte, druk en water met 'n hoë alkaliese inhoud gebruik word om die liggaam tot die mees  basiese elemente op te los. Die eindresultaat is 'n skadelose steriele vloeistof wat in ’n munisipale rioolstelsel weggespoel kan word. Die oorblywende beenminerale word tot 'n fyn poeier verwerk en aan die naasbestaandes gegee.

Mense raak toenemend bewus van die beperkte spasie in munisipale begraafplase. Terselfdertyd is mense ook bekommerd oor die negatiewe impak wat die verbranding van fossielbrandstowwe op die omgewing het. Daarom het Avbob, as 'n verantwoordelike korporatiewe burger, begin om verskillende oplossings vir die gebrek aan spasie en hul eie koolstofvoetspoor te ondersoek.

Nóg ’n eerste wat binnekort die lig sal sien, is ’n multi-platform toepassing wat naasbestaandes kan gebruik om ’n aanlyn-gedenkblad te skep.

Pillay sê dié toep stel gebruikers in staat om bydraes via USSD te lewer aangesien heelwat Suid-Afrikaners steeds van dié tegnologie gebruik maak. “Die toep is uniek en laat onder meer ook regstreekse uitsendings van gedenkdienste toe,” verduidelik hy.

Repatriasiedienste vanuit Suid-Afrika

Avbob bied ook ’n repatriasiediens vanuit Suid-Afrika na ander lande aan. ’n Sentrale repatriasiepunt is verlede jaar in Midrand vir dié doel geopen. Pillay sê: “Ons besef dat familielede na die buiteland verhuis of geëmigreer het. Daarom is dié repatriasiediens noodsaaklik om families te herenig wanneer ’n geliefde sterf.”

Alle Avbob-polishouers wie se polisse ouer is as ses maande, is geregtig op gratis vervoer van die oorledene binne die grense van Suid-Afrika. Pillay meen die internasionale repatriasiediens is dus ’n logiese uitvloeisel van dié diens wat hulle reeds jare lank suksesvol binne die landsgrense bied.

deno pillay
Pillay op 'n episode van Besigheid wat saak maak op Via. Foto Verskaf

Dit is Avbob se onderlinge status wat hulle van ander maatskappye onderskei.

“Avbob is ’n ware onderlinge genootskap, wat beteken dat die groep deur sy lede, sy polishouers, besit word. Ons het nie aandeelhouers nie wat beteken dat surplus winste aan ons lede uitgekeer word in die vorm van spesiale bonusse en gratis begrafnisvoordele, wat deur Avbob Begrafnisdiens aangebied word,” verduidelik Pillay.

In teenstelling met maatskappye met ’n notering op die Johannesburgse Aandelebeurs (JSE) en wat verantwoording aan net ’n klein groepie beleggers (aandeelhouers) moet doen, moet Avbob verantwoording aan ’n baie groot groep doen: meer as 2.1 miljoen polishouers en meer as 6.5 miljoen versekerde lewens.

“Daarom moet ons verseker dat daar na elkeen van ons lede omgesien word, en dat ons hulle basiese behoeftes altyd voorop stel. Ons ag dit noodsaaklik om in ons omliggende gemeenskappe te belê, want dis wat ’n onderlinge genootskap doen,” sê hy.

Kliek hier om die volledige onderhoud te kyk.

Carl van der Riet, Avbob se uitvoerende hoof, verskyn ook eersdaags op Besigheid wat saak maak om oor die Avbob Poësieprojek en die I wish I’d said TV-reeks op SABC2 te gesels.

Kedibone Mphethi, wenner van verlede jaar se ‘What if, South Africa?’-poësiekompetisie is ook een van die gaste. Skakel Saterdag 25 Julie om 08:30 in op VIA (DStv-kanaal 147).

Avbob se nasionale inbelsentrum is 24/7 beskikbaar.

Skakel #DieNommerOmTeHou 0861 28 26 21 bel. Standaardtariewe geld.

*Gratis begrafnisvoordele, insluitend die vervoer van die oorledene, is slegs van toepassing indien Avbob Begrafnisdiens die begrafnis onderneem. | FDV 20656

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters