15 dae gelede
’n Splinternuwe hoofstuk begin vir onse Johnny
Oom Sonnie  ~ 

HALLO, Sonlanders! Johnny Ven­geance is op ’n mission om wraak te neem op die persoon wat hom vir 20 jaar laat mang het vir ’n misdaad wat hy nie gepleeg het nie. Nie eens die tronkkapelaan, ds. Longdrop, kan hom van plan laat verander nie. So, met sy vrylating het Johnny net drie dinge op sy mind: wraak, wraak en wraak ... Geniet nou hoofstuk 2 van ELDRIDGE JASON se Die Nommer...

TOE Johnny Vengeance by die tronk se hekke uitstap, bibber hy behoorlik van die koue.

Dis so erg dat sy tande glad teen mekaar klap. Hy blaas vir ’n vale teen sy hande en vryf hulle teen mekaar.

Beggars can’t be choosers, dink hy. Maar kon die sonnetjie dan nie vandag bietjie geskyn het nie? Dis mos nie aldag dat ’n man vrygelaat word en weer die samelewing in die oë kan kyk nie.

Hy loer op en af in die pad, maar daar is geen beweging nie. Nie ’n kar of ’n mens in sig nie.

Hoe nou gemaak? Hy het R89,70 op sy naam – seker genoeg vir ’n taxi, maar in die 20 minute dat hy hier staan, het hier nog nie een verbygekom nie.

Ds. Longdrop is ook al hier verby, maar het hom net vies aangekyk, toe ry hy al aan.

Hy skud sy kop, steeds verbaas oor die dominee se reaksie. Hoe kan enige een van hom verwag om dinge net so te los?

Dis 20 jaar. Dís hoe lank hy gemang het vir ’n crime wat hy nie commit het nie. Maar het iemand hom geglo? Nee! Een vir een het die mense kom getuig van hoe ’n sleg mens hy was, hoe almal altyd in vrees was met hom in die omtes.

Hoe het een social worker nou weer destyds in haar verslag gesê?

Daar bestaan geen twyfel by my dat die beskuldigde John Vengeance familie van die duiwel is nie. Oral waar hy kom, boesem hy vrees in. Selfs vrees is bang vir hom ...

Hy grinnik. Haar woorde was nogal destyds funny, maar soos wat die jare aangeloop het, was daar niks meer snaaks daaraan nie. Sy van ... dit was nog altyd ’n kruis vir hom. ’n Swaar kruis om te dra, want nes hy dink die lewe gee hom ’n break, was daar weer wraak op sy menu.

Wraak oor ’n ou wat hom ’n kop wou aansit, wraak oor ’n baas hom nie reg wou pay nie, wraak teenoor ’n community wat al wat spykertjappie van hom teen hom wou hou, wraak oor almal hom geblame het oor die dwelmprobleme in hul huise ...

Hy sug swaar en druk sy hande diep in sy jacket se sakke. Die lewe het eenvoudig net nooit fair met hom gespeel nie. Hy is so ingedagte dat hy aanvanklik nie die kar opmerk wat oorkant die pad opgetrek het nie.

Eers hier by die derde toet besef Johnny dat die drywer sy aandag probeer trek.

Hy frons, trek sy oë op skrefies en probeer kyk wie dit is. Maar danksy die donker getinte ruite kan hy niks uitmaak nie.

Hy mompel ’n vloekwoord en stap dan haastig oor die pad. Toe Johnny amper by die voertuig is, word die venster stadig afgedraai.

Die eerste ding wat hy gewaar, is die Para CZ 9 mm-pistool waarop daar ’n knaldemper gemonteer is, sekuur op sy hart gemik.

Eers agterna merk hy die persoon­ op wat die vuurwapen vashou: Die mooiste van girls wat ’n bandiet soos hy ooit sal teëkom.

“Jy beter inklim,” sê die meisie in die soetste van stemme. “Ons vat jou vir ’n ride.”

Sonder ’n woord maak Johnny die kardeur oop – net om in nóg ’n vuurwapen vas te kyk. Op die agtersitplek sit nog ’n meisie. Knaldemper gemonteer op dieselfde kaliber pistool.

Hy staar ingedagte na die Banish 45 knaldemper. Van vuurwapens weet hy eintlik maar min, maar daai knaldemper ... Al daai jare gelede het iemand ook so ene gebruik toe–

“Nou toe! Wag jy dan op ’n invitation?” vra die meisie op die agtersitplek. “Of soek jy sommer nét hier ’n koeël of twee? Skuim soos jy hoort anyway mos nie ver van die tronk nie.”

“Relax, Emma,” paai die meisie in die bestuurdersitplek haar. “Bly tog net kalm.”

Johnny grinnik en klim dan sonder ’n woord in. Hy is skaars in die sitplek, toe trek die kar met ’n stink spoed weg.

Johnny sit sy sakkie met die karige inhoud langs sy voete neer. Dan leun hy met sy kop teen die sitplek en maak sy oë toe.

Niemand sê ’n woord nie. Johnny maak ook nie sy oë oop nie. Hy weet die vuurwapen is steeds op hom gerig.

Sy mind werk oortyd soos hy try uitfigure wie hierdie girls is en wat hulle van hom soek.

Maar die lys is lank. Hy was nie ’n saint nie. As jy jou heilig hou, gaan jy nie in die vier hoeke survive nie.

Johnny maak sy oë oop toe die kar tot stilstand kom. Hy loer nuuskierig by die venster uit en sien ’n ou, verwaarloosde warehouse. Dan draai hy na die Emma-meisie langs hom. Die een wat vroeër so trigger-happy was.

“Dit was nou ’n lekker road trip,” sê Johnny sarkasties. “Maar dis nie waar ek bly nie.”

“Hierdie is vir eers jou nuwe tuiste,” antwoord die meisie wat voor sit. “Klim asseblief uit en volg ons.”

“Hmmm,” antwoord Johnny en smile. “Nie net mooi nie, maar het maniere ook. I like, I like.”

Emma gee hom ’n vuil kyk.

“Wat?” vra Johnny uitdagend. “Likes jy dit nie as ek jou motjie ’n compliment gee nie?”

“Sy is nie my goose nie,” sê die meisie wat voor sit vinnig.

Sy klim uit en Johnny volg haar voorbeeld. Emma hou hom soos watse paranoid tikkop dop en klim eers uit nadat Johnny buite is en die deur toegemaak het.

Johnny kyk om hom rond. “Is hierdie my nuwe blyplek? Wie gaan die rent betaal?”

“Niks om jou kop oor te breek nie,” antwoord die meisie wat haarself nog nie voorgestel het nie.

Sy stap in die rigting van die warehouse. Johnny volg haar, met paranoid Emma kort op sy hakke.

In die warehouse gekom, gaan Johnny verbaas staan en kyk ron­dom hom. Van buite lyk die plek verlate en erg afgeskeep, maar binne ... binne is dit modern en cosy ingerig.

Hy merk die drie luukse voertuie op wat nie ver van hulle geparkeer staan nie. Dan die groot TV-skerms wat opgerig is.

“Wat? Gaan julle dan nou my dood live broadcast?” vra Johnny.

Die meisie ignoreer sy vraag. “Ek is Jenna. Ek het nie ’n van nie, maar wat ek jou wel kan sê, is dat jy van vandag af vir ons werk, Johnny Vengeance.”

“O?” antwoord Johnny. “En hoekom sal ek dit doen?”

“Want ons weet jy is geframe. En ons is hier om seker te maak jy kry elke druppel revenge van jou.”

  • Lees môre verder
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters