Verlede maand
’n Blye boodskap versag die gesin se groot verlies
 ~ 

HAAI, Sonlanders!

Kersfees se Covid is KEITH MEYER se jongste skryfstuk. Geniet die slothoofstuk!

PA JOHNNY stotter. Sy borskas beweeg amper niks. Hy sukkel om asem te haal tussen sy woorde.

“Ek wil net vir julle sê dat ek nog ’n dogter het ... Dit was voordat ek met jou getrou het.

“Ek het dit nie met julle gedeel nie, want ek het haar ma gepromise dat ek niemand sou vertel nie.

“Haar ma het in kraam gesterf. Dit was juis daar, by die play, toe Penny Moeder Maria was en sy na haar kindjie in die krip kyk, dat ek aan julle ander sussie gedink het.

“Genadiglik kan ek dit nou met julle deel. Sy het ’n geboortevlek op haar linkerhand, dieselfde een wat ek op my regterhand het.

“Ek ken nie haar naam nie, want sy is grootgemaak deur haar ouma wat niks met my te doen wou gehad het nie.

“Sy bevind haar iewers in die Knysna-omgewing.”

’n Doodse stilte sak oor die saal neer. ’n Gesin se trane loop vrylik.

Dan sê Shirley: “Ons vergewe jou, my man. Ons sal jou nie in die hart hieroor dra nie.

“Ons sal haar soek. Ons sal haar deel maak van ons gesin as sy so voel.”

Johnny kyk na sy twins.

Dan sak Penny af: “Dankie, Pappa, vir ons nuwe sussie. Ons sal haar soek en lief wees vir haar net soos die engele lief was vir Jesus wat in die krip gelê het.”

Met dié blaas Johnny sy laaste asem uit. Die suster trek die wit laken oor sy kop.

DAARDIE Saterdag word Johnny Paulsen in die plaaslike begraafplaas begrawe.

“Jealous of the Angels­” speel saggies.

Drie weke later begin Shirley haar soektog na oorlede Johnny se dogter. Sy moet haar belofte aan haar man nakom.

Sy vra haar ma om na haar kinders te kyk, sit twee weke verlof by die munisipaliteit in en pak die tog Knysna toe aan.

Sy boek in by ’n goedkoop gastehuis en begin met haar half onbegonne taak.

Sy het net die leidraad van die geboortevlek wat sy alte goed ken, want Johnny se geboortevlek was haar liefdesvlek.

Dae verloop soos maande soos sy oral rondvra.

In ’n plaaslike restaurant sit sy een middag en drink koffie.

Mariah Carey se “Oh Holy Night” speel saggies oor die restaurant se sound system.

Sy haal ’n foto van Johnny uit haar handsak. Sy kyk weer na die vlek op sy hand.

Dan gaan sy vinnig badkamer toe. Sy los die foto op haar tafel.

’n Nuuskierige waitress sien die pic op die tafel. Sy sien die vlek op Johnny se hand.

Toe Shirley terugkom, staan sy met die foto in die hand.

Dan vra Shirley: “Hoekom doen jy dit? Dis privaat.

“Of ken jy hom?”

Dan antwoord die waitress, wat teen dié tyd al ongemaklik voorkom: “Nee, ek ken nie die man nie.

“Maar daai vlek op die hand het ek al iewers gesien. Ek kan nou net nie my mind op dit sit nie.

“Maar ek het al iewers iemand met so ’n vlek gesien.”

Opgewondenheid spoel oor Shirley se gemoed. Sy weet sy gaan binnekort goud strike.

Sy hakkel behoorlik toe sy die waitress begin uitvra: Waar het jy die persoon gesien? Is dit ’n man of ’n vrou? Wat weet jy van die persoon af? “Waar woon die persoon? Waar kan ek die persoon gaan spreek?” skiet die vrae soos ’n masjiengeweer se bullets oor Shirley se pers lippe.

Die waitress stuur haar na die plaaslike polisiestasie om daar navraag te gaan doen.

Toe Shirley se klein geel Golfie voor die polisiestasie stop, sê sy ’n skietgebed op: “Liewe Jesus, in die gees van Kersfees, wil U nie asseblief vir my en my twee dogters ’n geskenkie gee nie?

“En Jesus, wat sal ’n beter geskenk wees as dat ons my man se ander meisiekind vandag hier kan opspoor?”

Dan klim sy uit en stap die cop shop binne.

Agter die toonbank sit daar drie cops.

Die cop shop is ook al getrim met die bling van Krismis.

Hulle het selfs hul eie Kersboompie wat uit ’n vars denneboom-tak bestaan wat vrolik versier is.

Hulle is besig met dockets. Dan staan een op en vra waarmee hulle haar kan help.

Shirley verduidelik breedvoerig en die konstabel luister aandagtig.

Een van die ander polisiebeamptes hoor die gesprek.

Die bloedjong konstabeltjie staan vinnig op en kom staan langs die ander cop.

Sy plaas haar linkerhand op die toonbank.

Daar sit dieselfde geboortevlek!

Shirley raak yskoud.

Die konstabel stap vinnig agter die toonbank uit en kom omhels Shirley.

Trane vloei weer vrylik.

Die ander twee cops begin spontaan “Mother and Child Reunion” sing.

Die cop stel haar as Melvina voor.

“Ek het die storie van my ma en my pa ook maar eendag by my ouma gehoor. Ook toe sy op haar sterfbed gelê het.

“En mind you, vra maar vir my kollegas, ek het die hele week al vir hulle gesê dit voel asof ek hierdie week self die Krismisboodskap van groot blydskap gaan ervaar.

“Ek het nogal vir hulle­ gesê dat die grootste geskenk wat die wyse manne vir my kan bring, is dat ek uiteindelik my pa kan ontmoet.

“En alhoewel ek nou moes hoor hy is dood, is ek nogtans bly dat ek nou my pa se ander twee dogters gaan ontmoet, en dit nogal ’n tweeling!”

Shirley tref toe gou reëlings vir die groot surprise meeting tussen die tweeling en hul ousus Mel­vina.

Sy bel die twins en sê sy bring vir hulle die grootste Kerspresent.

Hulle moet net promise dat die Krismisboom reeds opgemaak is.

Nuuskierigheid pak die twins beet, maar Shirley hou hulle aan die raai.

Dan breek Kersoggend aan. Twee motors trek voor die Paulsen-gesin se huis in Goedgesindt op.

Twee nuuskierige agies trek die gordyne weg om na buite te loer.

Hulle sien hul ma en ’n pragtige jong vrou. Jenny en Penny hardloop na die voordeur en maak dit haastig oop.

Die ma en haar twins omhels mekaar. Hulle staar na die jong meisie. Dan sit Melvina haar linkerhand op haar bors.

Dadelik merk die twins die geboortevlek op en sê: “Ons sussie!

“Ons sussie is ons Krismis­present!”

Melvina, Jenny, Penny en Shirley stap die huis binne. Die seer van Covid is vergete toe hulle na ’n groot foto van pa Johnny kyk.

’n Nuwe gesin is uit die seer van Covid gebore ... net soos die Jesuskind in die krip.

  • Die einde
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters