27 dae gelede
Meisiepop sien verbaas haar ma is in haar tjops
 ~ 

HAAI, Sonlanders!

Meisiepop daag by haar ma se huis op, maar word deur twee dodgy ouens voorgekeer. Maar kort nadat sy hulle ingelig het dat Anna Moss-Surtie haar ma is, change hulle hul attitude. En dan, uit die bloute, verskyn haar ma ook buite. Geniet hoofstuk 8 van EL­D­RIDGE JASON se “Meisiepop”.

TUPAC se “Ain’t Nothin’ But a Gangsta Party” begin sommer vanuit die huis te blêr.

Meisiepop herken die song, want ’n ander laitie wat naby hulle gebly het, lyk nes die rapper Tupac Shakur. En dié klong het dag en nag Tupac songs geluister. Songs wat die wannabe Tupac elke Sondag laat pak kry het as die beloved weens sy geblêr niks van hul kerkdienste kon hoor nie.

Meisiepop gewaar ’n figuur wat stadig en krom agter Koukie en Pennie verskyn.

Toe hulle van haar teenwoordigheid bewus word, spring die twee uit die pad.

Meisiepop besef dadelik dié is haar ma, Anna Moss-Surtie. Maar sy is geskok om te sien hoe in haar tjops die vrou voorkom.

’n Swart doekie is sommer newwermaaind op die kop vasgemaak.

Die rok wat sy aanhet, lyk ’n paar sizes te groot. Haar hande is vol ringe.

Die grys sit in klosse in haar hare. Daar is ’n verbitterde trek om haar mond. Amper soos iemand wat kwaad is vir die lewe van swaarkry.

Niks aan die vrou se voorkoms herinner haar aan die stories wat oom Spekko vertel het nie – dat haar ma ’n stunner was wat die mans se koppe behoorlik laat draai het.

Oom Spekko het gesê haar ma was ’n merrie soos min wat die mans op hul tone gehou het. Maar die vrou wat nóú voor haar staan, lyk niks anders as ’n nagmerrie nie.

Sy gluur Meisiepop eers aan, maar dan is dit asof daar herkenning in die oë kom wat diep agter in haar kop sit.

“Emme ... Emmerentia? Is dit jy?” vra Anna Moss-Surtie in ’n krakerige stem.

Meisiepop knik. Sy is te bang om te praat. Te bang dat haar stem gaan drup van teleurstelling.

Dis duidelik dat watter siekte haar ma ook al onder lede het, besig is om haar onder te kry.

“My genare, but hoe ... Hoe kô djy hie’? Anyway, kô in, kô in, dis koud hie byte.”

Dit lyk asof daar splinternuwe lewe in Anna Moss-Surtie geblaas is. Sy beveel Koukie en Pennie om Meisiepop se sak te vat en sukkel dan haastig met haar kierie huis se kant toe.

Soos wat sy loop, praat sy ál aan. Eers toe hulle in die sitkamer kom, hou sy op tjommel.

“Vegiewe ma’ die way hoe deumekaarit hie’ lyk,” maak sy verskoning.

Meisiepop let nou eers op hoe deurmekaar die plek is. Klere lê oral gestrooi, chips-pakkies lê op die vloer. As haar ma nou dié plek moet sien, dink Meisiepop.

“Hulle het wee hiesa kô perform,” gaan Anna Moss-Surtie voort.

“Die ding wil mossie vestaan dat ek hommie mee’ wil hê nie.

“Men can so thick hold, you know.”

Meisiepop weet nie hoe hold ’n mens thick nie, but sy kap maar zip.

“Kyk hoe groot is djy,” gaan Anna Moss-Surtie met verwondering voort. “I kênt almost believe my eyes. Om te dink ek’t sovil uitgemis. Ai, but sit ... sit. Moet ek vi’ djou koffie laat maak?”

Meisiepop gaan sit op ’n rusbank wat darem nie te vol klere is nie. Sy skrik toe dit voel asof sy in die bank insink.

“Hie’ moet djy mette style gaat sit,” sê Anna Moss-Surtie en lag. “But djy sil nog die niek agtekom. Djy sê djy kô suprise somme djou ma?”

“Ek ... ek wou u kom ontmoet,” stamel Meisiepop.

“Nie, watse ge-u-ery is dit?” protesteer Anna Moss-Surtie. “Os het baie om op te catch, but dit sil nogals nice wies as djy my Mammie ka noem. Of sommer net Mams is oek oukei.”

Meisiepop skuif ongemaklik op die bank rond. Aan die een kant weet sy nie wat om te sê nie, maar sy is ook bang sy val dieper die sitbank in.

“Soe, vi’ hoe lank kô kuie djy?” vra haar ma. “Nie dat ekkie bly is om djou te sienie, but it gat ma’ swaa’ hiesa.”

“Ek ... ek is self nie seker nie,” antwoord Meisiepop. “Maar ek wil nie ’n las wees nie.

“Ek wil darem net byvoeg dat ek geld het om by te kan dra vir kos.”

Skaamtelose verligting spoel oor Anna Moss-Surtie se gesig.

“Daai’s nice,” sê sy ingenome. “My bisnis doenie soe goetie.”

“O?” vra Meisiepop beïndruk. “Watse soort besigheid doen u ... ek bedoel ... uh ... Mammie?”

Anna Moss-Surtie lyk meteens ongemaklik. Hoe verduidelik ’n mens dan anyway nou aan ’n onskuldige siel dat ouens soos Koukie en Pennie nie deel van customer service is nie.

“Ag, you know. Bietjie van dit en bietjie van dat,” antwoord sy ontwykend. “Mens moet mos ma’ alles try ommie pot aanie roer te hou.

“En met dié dat my gesondheid nie mee’ soe lekke issie ...”

Sy bly stil. “Ek’t sieke’ nog soe ’n maand om te liewe.

“But annie anne kante, daai’s wattie doktes twie maane geliede oek aan my gesê het.”

“Ag nee,” sê Meisiepop geskok. Sy is diep geworry toe Anna Moss-Surtie aan die hoes gaan.

“Wat is fout? Is daar regtig niks wat die dokters kan doen nie?”

“Ek’t mos kouwid gehad,” sê Anna Moss-Surtie nadat sy haar hoesbui onder beheer gekry het.

“En daai het mos my lungs gedamage. En toe kô kry die doktis ’n gewas op my lungs, en toe issit wee’ dieselle met my eiestokke, en toe stiek daa somme ’n gewas agte’ my skoue oek yt, toe ...”

Anna Moss-Surtie bly skielik stil en skud haar kop in ongeloof. “Ek kannit nou noggie gloe nie, but djy moerit gloe. Dit wassie een setback ná die anne. Toe kom antie Aida oek nog visit, als te danke an Hulle en sy los zip.”

“So, ek het ’n antie ook?” vra Meisiepop opgewonde. “Ek kan nie wag om haar te ontmoet nie. Daar is so min wat ek van Mammie se familie weet. Ek het oor die jare so baie uitverloor.

“Ek kan steeds nie glo dat my lewe in so ’n kort tydjie so baie verander het nie.”

Meisiepop se reaksie haal die wind uit Anna Moss-Surtie se seile. Sy gaap Meisiepop oopmond aan.

“As ... as geld dit kan fix ... Ek het geld. Ek sal nie twee keer dink om dit vir Mammie te gee nie. En dan wil ek ook hê antie Aida moet kom kuier, want ek sal haar graag wil ontmoet.”

Die noem van geld laat Anna Moss-Surtie breed glimlag. Sy smile oor en oor van oor tot oor.

  • Lees môre verder
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters