Verlede maand
Liefde gaan haar probleme iets van die verlede maak
 ~ 

HAAI, Sonlanders! Liefde ontpop in ’n fraaie tienerdogter. Maar haar ma, antie Gerty van Neel, is diep streng. Tog kry Liefde kans om met die inkommer-outjie Dino te vry en hy oortuig haar om hul verhouding verder te vat. Liefde besef met ’n skok sy is preggies, maar voor haar ma en sy ouers ontken Dino dat hy die pa van haar baby is. Geniet nou hoofstuk 5 van ELDRIDGE JASON se “Liefde”.

EN DAAR staan Liefde toe vol skaamte en wens die aarde kan haar insluk.

Sy kan nie glo wat sy hoor nie. Hoe kon Dino haar so in die steek laat?

Nadat hy haar dan elke aand tydens hul ontmoeting by die kragboks die son, maan, sterre en ál wat sonkrag-device is, belowe het?

Trane van vernedering loop oor haar wange. Maar haar ever end is toe haar ma opstaan en Dino se ouers om verskoning vra vir haar dogter se gedrag.

“My kind gaan deur ’n moeilike tyd, maar dis nie reg dat sy sulke leuens staan en opdis nie,” sê antie Gerty.

Dino se ouers maak verskoning – haastig om weg te kom.

Dino kon haar nie in die oë kyk nie.

“Mammie, hoe kon Mammie dit aan my doen?” vra Liefde toe hul onwillige gaste buite wegtrek in hul fênsie kar.

“Hierdie is nie ’n leuen nie. Dis die heilige waarheid.

“Ek sal mos nie oor ’n swangerskap jok nie.

“Mammie het my dan van kleins af geleer iemand wat lieg, steel ook. En ek is nie ’n dief nie.”

Daar is ’n vasberade trek op antie Gerty se gesig.

“Jy gaan nie hierdie skande oor my bring nie,” sê sy ferm.

“Wat gaan die mense nie van ons sê nie?”

Liefde wil vir haar ma sê dat die mense en hul stories moet gaan bars, maar selfs in haar kwaadgeid wil sy nie vloek nie.

Kwaad draai sy om en storm na haar slaapkamer. Die hele huis dril toe sy haar kamerdeur toeslaan en al snikkend op die bed gaan lê.

Dino het haar belieg. Hy was net agter een ding aan. Maar dis orrait. Sy sal almal van hulle wys.

Snikkend kom sy orent. Haar oë val op die klein gemeenskaps­koerantjie langs haar bed.

Die sangoma-advertensie steek vir haar tong uit.

Vir Liefde is dit soos ’n sign. ’n Sign dat sy die clock van haar lewe kan terugdraai ...

DIE volgende dag by die skool hoor Liefde maar so in die verbygaan Dino gaan skielik nie meer daar skool nie.

Sy pa het glo ’n blitsvinnige vertrekbrief bestel en Dino by ’n skool in ’n buurdorp ingeskryf.

Almal gis oor hoekom Dino dan oornag van skool verander het.

Maar Liefde is min gespin. Haar gevoelens vir Dino is dood. Morsdood.

Al wat nou op haar mind is, is haar afspraak ná skool met ene dokter Abbu.

Hy is die man wat in sy advertensie beloof om ál haar probleme te laat verdwyn.

Sy vertel niemand van haar planne nie. Nie eens haar ma met sy in die verlede alles gedeel het nie.

Haar ma het vanoggend voor skool in haar kamer met ’n asyn­lappie oor haar voorkop gelê. Het seker weer die een of kwaal onder lede. ’n Kwaal wat deur haar, Liefde, veroorsaak is.

Die hele dag vat Liefde g’n note van enige lesse in die klaskamer nie. Die stelling van Pythagoras klink vir haar soos eindelose driehoeke propvol probleme.

Toe die klok lui wat die einde van die skooldag aandui, vlieg Liefde uit haar skoolbank op.

Haar tjommie Amy wil nog ’n geselsie oor die nuutste selfie styles aanknoop, maar Liefde maak haastig verskoning.

Vandag het sy immers nie tyd vir Amy wat elke dag vir haarself ’n nuwe stel wenkbroue skilder nie.

Liefde haas haar eers na ’n openbare toilet, waar sy haar skoolklere uittrek en sommer in haar rugsak boender.

Daarna stap sy die hoofstraat af.

Voor dokter Abbu se “spreek­kamer” loer sy eers rond of niemand bekends in die omtes is nie, dan glip sy by die voordeur in.

Liefde moet haar oë ’n paar keer knip om aan die skielike donker gewoond te raak.

Sy voel vinnig in haar jeans-sak of die R500 daar is.

Gisteraand, toe sy nie kon slaap nie, het sy dokter Abbu ’n Whats­App gestuur.

In sy response het dokter Abbu in ’n voice note in ’n swaar aksent gesê hy kan haar vir R500 help.

So, die geldjies wat sy vir Krismis-klere afgeknyp het, moet maar nou ingespan word om haar eer te red.

Sy gewaar ’n man agter ’n toonbank sit wat besig is om met sy phone te speel. Hy vlieg op toe hy Liefde gewaar.

“Aah, are you the lovey I spoke to last night?” vra hy in ’n bulderende stemtoon wat deur die hele vertrekkie weergalm.

My... my name is Liefde,” antwoord Liefde. Haar stem bewe effe.

“Come with me,” antwoord die man en wys na ’n deur.

“My consulting room is at the back.

“No worries. I will sort you out chop-chop.”

In haar naïwiteit wonder Liefde of dokter Abbu dan gaan braai omdat hy praat van ’n tjoppie vir haar ook.

Die sangoma gee haar egter nie kans om hieroor te wonder nie en stuur haar in die rigting van die oop deur.

Die eerste ding wat Liefde opmerk­, is die tandartsstoel wat in die middel van die vertrek staan.

Orals staan potjies vreemde goed rond. Dan slaan die reuk van voete haar.

Dis ’n reuk wat dalk uit die tyd van Napoleon Bonaparte dateer.

“You’ve got my money, right?” vra dokter Abbu.

Hy vryf sy hande ingenome teen mekaar toe Liefde die geld aan hom oorhandig.

“I’m going to give you a small little pill to drink, then you go lie down on that chair and before you know it, all your problems will be a thing of the past,” beloof dokter Abbu.

Liefde kyk om haar rond.

Sy is nie só naïef nie. Sy kan sien dat dokter Abbu nie ’n dentist is nie.

Nêrens sien sy dan getrekte of selfs valstande rondlê nie.

Die reuk van voete laat haar wonder of dokter Abby nie spesialiseer in die skrop van mense se hakskene nie.

“What exactly are you going to do?” vra Liefde skepties.

“My dear lovey, I’m going to make your problems disappear.”

En skielik wonder Liefde of sy besig is om die regte ding te doen.

Sy likes nie dokter Abbu se lazy eye wat so na die plafon staar nie.

“Let me go get that pill,” sê dokter Abbu en verlaat vinnig die vertrek.

Liefde gaan sit op die stoel. Sy voel meteens bewerig. Hierdie voel nie vir haar reg nie ...

  • Lees môre verder
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters