7 dae gelede
Johnny besluit om die twee dames se plan ’n kans te gee
 ~ 

HALLO, Sonlanders!

Joy-Lynn Coenraad los ’n bom deur vir Johnny te sê regter Heynes se seun, Damian, is vir haar seuntjie se dood verantwoordelik. Johnny wil hê sy moet saamgaan om die judge te gaan confront, maar voor sy geskokte oë neem Joy-Lynn naar eie lewe. Nou lyk dit asof Johnny se dogter, Emma, hom nie glo nie. Geniet nou hoofstuk 8 van Die Nommer deur EL­DRIDGE JASON.

DIE tension in die kar is so dik dat dit met ’n hele paar messe gesny sal moet word.

Almal is vies, maar Johnny is die viesste. Hy kan nie glo Emma dink so min van hom nie.

Once a killer, always a killer ... Haar woorde het diep gesny. Dieper as wat hy kon imagine.

Hulle is nou op pad na regter Heynes se huis. Hy wat Johnny is, het hulle reeds vertel van die gebeure in Joy-Lynn se kamer, hoe sy haar met die afgebreekte tik-lollie in die slagaar gesteek het.

Nie Emma of Jenna het iets gesê nie, maar hy kry die feeling hulle glo hom nie.

Ja, daar skuil maar min onskuld in hom, maar hy het geen rede om te lieg nie.

Hy is eintlik verlig toe Jenna nie ver van die regter se huis af nie stilhou en die kar afskakel.

“So, wat is die plan?” vra Emma. “Gaan jy hierdie huis ook binnestorm en die judge konfronteer?”

Die tikkie sarkasme in haar stem kan nie gemis word nie.

Johnny blaas sy asem hard uit en vee met sy hande oor sy gesig.

“Ek weet nie,” antwoord hy dan. “Clearly het my vorige plan nie gewerk nie. Vra maar vir Joy-Lynn.

“O ja, die dooies kan mos nie praat nie, daarvan getuig haar bloed hier aan my klere.”

Jenna draai na hom. “Johnny, ek het nie geweet jy het feelings wat kan seerkry nie. Ek dog ál die tyd feelings gaan nooit saam met ’n bandiet mang nie.

“Maar vir wat dit werd is, ek glo jou. Óns glo jou. Dis net ... jy en jou nommer-gedagtes ... Jy hardloop ’n ding binne sonder om eers reg te beplan.

“Niemand hardloop ’n brandende huis binne sonder dat jy seker maak daar is water om die vlamme te blus nie.”

“Dankie vir hierdie lewensles. Ek het dit baie nodig gehad,” kap Johnny terug.

Tot sy verbasing slaan Emma hom ’n hou teen die skouer.

“Jy is die hardkoppigste mens wat ek ken,” sê Emma en slaan hom nog ’n hou.

“Ek weet nie wat Mammie in jou gesien het nie. Jy beland in ál hierdie moeilikheid omdat jy nie jou kop gebruik nie. Watter nommer is jy dan? ’n 0800-ene?”

Vir ’n oomblik is Johnny lus om fire met fire te beveg, maar tot Emma en Jenna se verbasing, bars hy uit van die lag.

Hy lag so lekker dat die trane oor sy wange rol. Sy hele lyf skud van die lag.

“0800-nommer,” prewel hy en bars dan van oor af uit van die lag.

Sy lag is so aansteeklik dat Emma, haar viesheid ten spyt, ook nie anders kan as om te lag nie.

“Ek ken mos nie die nommers-goeters so lekker nie,” sê sy verleë.

“Jou lag ... Mammie het altyd gesê sy kon vir ure na jou kyk as jy aan die lag gaan. Ek dink ek verstaan nou hoekom.”

Johnny staar na sy dogter. Hy sien soveel van Sandy in haar – die astrantheid, maar ook die teerheid, mooi smile en goeie geaardheid.

“Jou ma was een van die min mense wat in my geglo het,” antwoord Johnny. Daar is ’n trek van verlange in sy oë.

“As ek by haar was, kon ek nie anders as om te lag en happy te wees nie. Sy het die beste in my uitgebring.

“Ek sou my hande stompies gewerk het vir julle, maar deur die judge, sy klong en Joy-Lynn ...

“Die lewe is die fair nie. Glad nie ’n fairy tale nie.”

Emma sit haar hand op Johnny s’n. Daar is ’n teer uitdrukking in haar oë wat mik-mik om die klipharde Johnny se traan-krane oop te draai.

“Die lewe skuld ons niks. Mammie het altyd gesê nie een van ons het ’n account by die lewe nie.

“Ons kan altyd net die heel beste van die slegste van sake maak.”

Johnny draai na Emma en glimlag effens. “Jou ma het altyd ’n ander uitkyk op die lewe gehad. Sy het jou goed grootgemaak.

“Jy is reg, maar ook verkeerd: Ja, ek is altyd die stormram sonder ’n plan, maar nee, ek is nie die nommer wat jy dink ek is nie. Ek het altyd gesweer dat ek nie in die tronk en al sy euwels sal verval nie.

“My tjappies is vir die eye-blind. Ek moes hard daarvoor werk, maar het nie my hart en siel daarin gesit nie.

“I was just surviving, you know. Ek sal moet begin vorentoe kyk in die lewe. Maar hoe kan ek as hierdie ding steeds soos ’n swaard oor my kop hang?

“Ek dink ek deserve justice vir alles wat ek moes deurmaak. Of is ek verkeerd?”

Emma skud haar kop. “Ek dink nie jy is verkeerd nie. Maar laat ons help. Dis dan hoekom ons hier is.

“Ons is nie hier om jou net rond te taxi nie, maar seker te maak dat geregtigheid seëvier.”

“Oukei, wat het ek om te verloor?” antwoord Johnny. “Wat is die plan van aksie? Of is daar nie enige aksie in jul plan nie?”

“Jy sal jou wat verbeel,” antwoord Jenna laggend. “Jy ken die Jehovah’s Witnesses?”

Hy knik. “As kind onthou ek hoe my ma altyd weggekruip het as hulle kom klop het.

“Daai mense ken nie van ophou nie. Hulle sal klop till you drop.”

Emma lag. “Vanaand is jou lucky aand. Agter in die boot is jou outfit.

“Jy gaan aan die judge se deur klop en traktaatjies uitdeel en die Woord verkondig.”

“Huh?” vra Johnny oorbluf. “Hoe gaan dit mý help. Ek, met al die tjappies in my gevreet?”

“Die dag toe jou siel gered is, toe raak jou tjappies deel van jou testimony,” antwoord Jenna.

Hy kry die idee dat sy die hele picture van hom as ’n kerkbroer deluxe veels te veel like. “Hoe help dit ons?” vra hy skepties.

“Regter Heynes is deesdae diep heilig,” sê Emma. “Heel waarskynlik sy gewete wat hom so ry.

“Hy dwing Damian Heynes om ook hierdie geloofsessies by te woon. Seker sy manier om Damian se duiwels in toom te hou.

“Sien jy die karre wat daar staan? Vanaand is die sessie hier by die judge se huis. Jy speel kerkbroer vanaand.

“Ons stitch jou lekker vol recording devices. ’n Gelowige kan nie ’n ander gelowige wegwys nie.

“Hopelik nooi hulle jou binne en jy sal dan jou beste moet doen om die liewe regter en sy seun aan die confess te kry ...”

  • Lees môre verder
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters