Verlede maand
John weet nou van beter as om goeie advies te ignoreer
 ~ 

HAAI daar, Sonlanders. “Wraak van die Gebrokenes” is GWENDOLINE KORDOM se nuutste verhaal. Geniet nou die slothoofstuk!

‘ONS skuil al vier dae in dié plek en die mense begin ons al snaakse kyke gee. Dit help ook nie dat jy die hele tyd met ’n chemist-sakkie hier aankom nie. Jy moes my terug dokter toe geneem het, soos hy gevra het. Wat as die wond ’n infection opdoen?” vra Cheslyn moerig.

“Die dokter kan in sy moer in vlieg. Ek het darem ’n bietjie first-aid-kennis opgedoen. Gaan jy nou heeltyd soos ’n vroumens kerm of gaan jy my trust?

“Bongani het laat weet die meet­ing het nie goed afgeloop nie. Charlie wil hê Bongani moet my aan hom uitlewer. Ons werk aan ’n plan om Charlie in ’n hoek te kry, so sit nou rustig dat ek die verdomde verbande kan omruil,” sê John.

“Nadat jy my gisteraand vertel het hoe jou ouers vermoor is, het ek alles onthou. Ek was wel ’n paar jaar jonger, maar ek onthou hoe Captain destyds oor die moorde gespog het,” sê Cheslyn.

John se hande verstil. “So, Captain was daar tydens die moord? Dit maak sin ja, want luidens die verslag kon Charlie dit onmoontlik alleen gedoen het.”

“Dit was ’n bende-inisiasie. Charlie is daardie aand as ’n lid van die gang ingelyf. Hy wou aanvanklik nie deel hê daaraan nie, soos wat ek verstaan het. Jou pa was sy mentor en Charlie het opgesien na hom. Captain was op ’n manier jaloers op hul verhouding en die moorde was sy idee.”

“Dít net omdat sy jonger broer nie met dieselfde verering na hom kyk nie. Ek dink nie Charlie wou jou ouers vermoor nie, maar hy het blykbaar nie ’n choice in die saak gehad nie. Dit was óf hy óf hulle.

“En vandag is Charlie die leier van daardie einste gang en die mastermind agter alles wat hier rond gebeur. Hy weet van jou. Van die moment dat jy uit jou larney BMW geklim het,” eindig Cheslyn.

“Dit maak in elk geval nie meer saak nie. Charlie en Captain gaan boet. As my en Bongani se plan slaag, is hulle môre dié tyd history,” sê John.

“Het jy al ooit iemand vermoor, John?” vra Cheslyn.

“Wat maak dit saak? Ek het genoeg woede in my om dit te doen.”

“Vra vir mý wat is dit om iemand dood te maak. Daardie kyk in die persoon se oë net voordat hy of sy sterf, is iets wat nagte by jou spook. Daai tyd verloor jy ook ’n deel van jouself ... totdat net ’n leë kol hier binne oorbly.” Cheslyn tik met sy hand teen sy bors.

“Het jy skielik heilig geword?” vra John. “Ek moes dit seker die een of ander tyd verwag het nadat jy stert tussen die bene van hulle af weg is. Of het jy vergeet daai twee broers het ’n koeël met jou naam op? Los die stront waarmee jy besig is en bepaal jou aandag hier. Môre is wraakdag. Jy het jou kragte nodig, so kom, laat ons rus,” sê John en staan op toe hy klaar is.

Terwyl hy hom regkry vir die bed, voel hy Cheslyn se oë op hom. “Jy hoef my nie heeltyd dop te hou nie. Sê wat jy wil sê sodat ek my rus kan kry,” sê John sarkasties.

“Ek probeer keer dat jy die grootste fout van jou lewe maak. Dink jy wragtig dinge gaan met daai twee se dood eindig?

“Dis nie hoe dit werk nie, bra. Jy sal vir die res van jou lewe oor jou skouer loer. Boonop sal jou familielede een vir een uitgewis word. Dis hoe dit in daardie wêreld werk. Ek hoop dis genoeg inligting om jou die hele nag wakker te hou en te laat nadink oor jou besluit. Good nights,” sê Cheslyn.

Dan rol hy om en los John nadenkend op die bed oorkant hom.

JOHN is vroeg uit die vere. Hy staan voor die kamervenster en staar na buite. Cheslyn se woorde spook by hom. Hy het vir homself ’n goeie lewe in die eiendomsbedryf opgebou. Hy was een van die voorste eiendomsagente en besit vandag sy eie besigheid. Dit het ’n paar takke landwyd. Wil hy dit alles weggooi, en dít vir wraak?

Hy moes teen dié tyd al getroud gewees het met ’n string kinders agter sy naam. Maar die wrok het hom ’n eensame, verbitterde mens gemaak. Dit het hom selfs vervreem van sy suster, maar vandag is hy nader aan vergelding as wat hy ooit in die laaste jare was.

Dan gryp hy na die sak op die bed. Voor Cheslyn se bed gaan hy staan en staar ’n wyle na die slapende figuur. Dan stap hy uit die vertrek. Hoe minder Cheslyn weet, hoe beter.

? Uur later kry hy vir Bongani op die afgesproke plek.

“Ek het klaar my ouens laat weet waar die aksie afspeel,” sê Bongani toe hy inklim.

“Verduidelik gou weer, Bongani?”

“Ek het met Charlie ooreengekom om jou aan hom uit te lewer. Een van my ouens wat al geruime tyd vir Charlie as ’n driver werk, het reeds die ou se body in Charlie se boot geplant. Dieselfde motor waarmee hulle ons gaan ontmoet.

“Ek het ook seker gemaak die location waar die ontmoeting plaasvind, is secure.”

“Laat ons dan weg wees.”

’n Uur later hou John voor ’n ou, verlate fabriek in ’n nywerheidsgebied stil. Hy herken Charlie Majiet dadelik toe dié uit sy motor klim en hulle tegemoetloop. Agter hom kom Captain aangewals terwyl die drywer doodstil agter die stuur bly sit.

Charlie kom voor John te staan en kyk met ’n neerhalende houding na hom.

“John Blake, uiteindelik ontmoet ons mekaar. Jy lyk nogal soos jou pa, weet jy,” sê hy smalend.

“Ek het net een vraag: Hoekom?” vra John.

“Dit sal verkeerd wees om al die blame op my broer te sit. Op die ou end was dit my choice. Daardie aand was die begin van alles. Kyk waar is ek vandag ... die grootste druglord in die Gat.

“As ek daardie aand uitgechicken het, sou niemand respek vir my gehad het nie.

“Ek’s sorry vir jou loss, maar nie sorry oor wat ons gedoen het nie.”

“Respek!” John spoeg die woord uit. “Watter eer lê daarin om ’n ander se lewe te neem? Dít vir ’n lewe waar jy anyway soos ’n hond gaan vrek.”

“Dis genoeg!” sê Captain. “Die tyd vir chitchat is verby. Jy kom nou saam met ons. Jy hou mos vir jou windgat. Vandag maak ons van jou ’n voorbeeld.”

Die volgende oomblik tref ’n koeël Captain. Hy val op die grond. Charlie probeer sy pistool uitpluk, maar John gryp hom vas. ’n Groep ouens kom aangedraf.

Charlie se oë rek toe hy die leier van ’n rival gang herken. “Wat gaan hier aan?” vra hy benoud.

“Wag en kyk,” sak John af. Dan kry die ouens die lyk in Charlie se boot. Hulle draai soos een man na Charlie. John oorhandig ’n pleitende Charlie aan die leier en kyk tevrede hoe hy weggevat word.

“Wat is volgende?” vra Bongani.

“Ek gaan klaarmaak wat my pa jare gelede begin het.

“Ek gaan Cheslyn ’n tweede kans gee. ’n Lewe vry van misdaad.”

  • Die einde
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters