14 dae gelede
Jenna gee vir Johnny die skok van sy lewe
 ~ 

HALLO, Sonlanders! As Johnny Ven­geance gedink het hy gaan luilekker leef en sy wraak op sy eie tyd beplan, maak hy hom laat. Johnny het skaars sy voete uit die tronk gesit ná 20 jaar daar, of twee gewapende vroue wag hom in. Hulle neem hom na ’n onbekende warehouse waar hulle hom meedeel dat hulle daar is om hom te help wraak neem teen die persoon wat hom vir ’n kindermoord geframe het. Geniet nou hoofstuk 3 van Die Nommer deur ELDRIDGE JASON...

JOHNNY loer om die beurt na Jenna en Emma.

Twee mooi girls, dít kan hy sien. Maar hy weet ook dat dit nie net daai borste van hulle is wat fake is nie.

Jenna en Emma ... darem net te convenient dat hul name rym vir twee gooste wat nie eens twins is nie.

“Ons is hier om jou te help,” herhaal Jenna haarself. “Dis ons opdrag om–”

“Van wie af?” val Johnny haar in die rede. “Wie pull julle strings?”

Jenna is duidelik onkant gevang en trippel ongemaklik rond.

“Ons kan nie sê nie. Ons kliënt wil anoniem bly,” spring Emma haar voor. “En dis vir eers genoeg.”

Johnny gee ’n vreugdelose laggie. “Girl, jy ken nog min jokes.

“Ek is dan nog eers besig om op te warm. En besides, jy kan my nie at gunpoint kom ontvoer en dan expect dat ek nie vrae moet hê nie. Natuurlik het ek vrae. Baie vrae.

“Veral wie so ’n wraakgierige Samaritaan is wat my wil help om die mens of mense op te spoor wat my vir moord geframe het.

“Krismis kom net once a year en as ek die kalender reg verstaan, is ons nog ver van Krismis.”

“Lui die 13de Oktober 2000 ’n klokkie by jou?” vra Jenna.

Sy wink Johnny om haar te volg.

Traag stap hy agter haar aan na ’n agterste gedeelte van die warehouse. Daar gekom, sien Johnny die klein, goed toegeruste kombuisie. Jenna sit ’n ketel aan en krap dan in ’n paar kassies rond. Sy haal drie koppies uit en begin hulle uitspoel.

“Drie suikers, reg?” vra sy oor haar skouer aan Johnny. “En swart ... pikswart ... jou koffie?”

“Jy ken my vetterig,” antwoord Johnny uit die veld geslaan. “Maar ja, geen melk nie. Ek trust niemand nie. Nie eens ’n koei nie.”

Jenna skud haar kop. “Maar is dit juis nie van mense trust dat jy tronk toe is nie?

“As my geheue my nie in die steek laat nie, was daar mense wat namens jou wou getuig het?”

Johnny trek sy skouers op. “Om wat te bereik? Die staat was op ’n mission om my te laat mang.

“En verder aante was daar nie juis veel mense wat kon getuig van watter wonderlike mens en bydraer tot society ek is nie.”

“Ook weer waar,” antwoord Jenna en hou haar weer met die koffiemakery besig. Nadat die ketel gekook het, gooi sy die warm water by en roer sorgvuldig. Dan oorhandig sy ’n stomende koppie aan Johnny. Hy vat dit, maar die wantroue wyk nie uit sy oë nie.

“Op die 13de Oktober 2000 was jy op die hoek van Balvenie en 35ste Laan,” gaan Jenna voort nadat Johnny sy eerste sluk koffie gevat het.

“Dit was ’n Vrydag. Vrydag die 13de. Lekker sonnige oggend.

“Op daardie oomblik het ’n waterpyp daar gebars. Jayden Coenraad en sy mammie het verby jou gestap. Jayden wou nog in die water speel, maar sy ma wou niks weet nie. Hulle was laat vir skool. Sy skoene en klere kon nie nog nat ook raak nie.

“Jy onthou? Jy onthou Jayden met die krullekop en pakkie Spookies in die hand?”

Johnny blaas sy koffie nog bietjie koud voordat hy nog ’n sluk vat.

“Wat het daai dag met die prys van eiers te doen?” vra hy dan.

“Dít was die begin van jou 20 jaar van hel,” antwoord Jenna.

“Jy mag dalk op die verkeerde spot op die verkeerde tyd gewees het, maar presies twee ure later is Jayden se lykie in ’n sloot gevind. Nie ver van waar jy hulle laas gesien het nie.

“Haar ma het jou herken. Jy met die vuil Pepe-jeans en verband om die kop. In die hofsaak het sy nog gesê jy het hulle so snaaks agterna gekyk dat sy skoons kriewelrig was. Onthou jy?”

Johnny knik. “Sy het so ’n paar lekker holle gehad. Dís hoekom ek hulle agterna gekyk het.

“As sy kriewelrig was, was dit maybe omdat sy haar nie reg gewas het nie.”

Emma snork onvroulik deur haar neus.

“Ek gaan ’n draai stap,” sê sy vies. “Ek is nie lus vir hierdie jong se liegstories nie.”

Johnny staar haar lank agterna. Dan draai hy na Jenna.

“Wat is daai girl se storie?” vra hy reguit. “Dit lyk of sy klomp issues het. Bestaan dokter Phil dan nie meer nie?”

Jenna kan nie meer haar pose hou nie en bars uit van die lag.

“Moet dit asseblief nie voor haar sê nie,” sê sy ná ’n ruk. “Dis dalk moeilik om te glo, maar as dit nie vir Emma was nie ... wel, dan was ons nie nou hier om jou te help nie.”

“Uh?” vra Johnny verbaas. “You could have fooled me. So, sy likes my? Sy het nogals ’n funny manier om dit te wys.”

“Emma het rede om te glo dat jy geframe is om ’n groter misdaad weg te steek,” gaan Jenna voort en ignoreer Johnny se sarkasme.

“Ek is jammer oor die manier hoe ons jou by die tronk opgetel het, maar dit was meer vir ons eie veiligheid. Ons is twee vroue en jy ... jy ...”

“Ek is ’n gemors,” voltooi Johnny haar sin. “ ’n Gemors wat bewaarders en bandiete gelem het laat die bloed spat. Jy kan dit maar sê.

“Ná 20 jaar is daar maar min dinge in die lewe wat my feelings kan seermaak.”

Jenna lyk skielik ongemaklik.

“Nee ... dis nie wat ek bedoel het nie. Jy verstaan my verkeerd.”

“Lady, please,” sê Johnny skerp. “Laat ons tog nie mekaar hier try fool nie. Ek ís wie ek ís. Ek het peace daarmee gemaak.

“En wat my nog grotere peace gaan bring, is om die mense wat my geframe het, te laat suffer soos wat ek gesuffer het.

“Weet jy wie dit was, want as ek nou brutally honest moet wees, is jy besig om my tyd te mors.”

“Nét so ongeduldig soos jou dogter, sien ek,” laat hoor Jenna.

Johnny raak bleek in die gesig.

“My ... my ... wát?”

Jenna klik haar tong.

“My liewe Johnny, die een wat 20 jaar gesuffer het.

“Jy is só consumed met jou eie wraakgedagtes, dat jy nooit eens consider het dat daar ’n girl pregnant was toe jy tronk toe is nie.”

“Dit kan nie wees nie,” prewel Johnny. “Ek sou mos geweet het.”

Jenna gee ’n vreugdelose laggie.

“Ek hoop nie jy dink ék is daai kind van jou nie ...”

  • Lees môre verder
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters