29 dae gelede
Die dok praat nog oor Awêh, toe kry hulle nóg ’n skok
Oom Sonnie  ~ 

HAAI daar, Sonlanders. Harriette en Awie trou en noem hul seuntjie “Awêh”. Hy is ’n seun wat lief is vir lees, maar nie baie maatjies het nie. Een aand raak Awêh verskriklik koorsig en puisies slaan oor sy hele lyf uit. Wat is dan nou fout? Geniet vandag hoofstuk 3 van ELDRIDGE JASON se “Awêh”.

AWÊH het ’n koors gehad wat Harriette eenvoudig nie onder beheer kon kry nie.

Twee duvets en ’n kombers is oor hom gegooi, maar steeds het hy gebewe van die koue, soveel so dat sy tande teen mekaar geklap het. Wanneer sy net aan sy lyf geraak het, het hy gegil van die pyn.

Die puisies wat van sy gesig oor sy ganse lyf geloop het, het Harriette diep laat worry.

Op Awie kon sy nie staatmaak om haar diepe kommer te verstaan nie, want hy het selfs koorserig geraak wanneer hy net ’n shopping lys moes opstel.

Teen daai tyd het hulle so ’n all-colour Uno’tjie besit wat Awie sommerso sonder licence mee rondgery het. Vyf keer al learner’s gepass, maar hy kon eenvoudig nie die driving test slaag nie.

Harriette het Awie opgekommandeer om solank die Uno te gaan jump-start terwyl sy Awêh regkry om hom hospitaal toe te vat.

Dit was maar ’n gesukkel, so vrou-alleen. Dit maak nie saak waar sy aan sy lyf geraak het nie, dit het hom laat gil van die pyn.

Antie Tryntjie en oom Kissie het ook kom kyk, maar hulle was meer in die pad as van hulp.

Antie Tryntjie het dik gehou van haarlemensis-goeters, maar Har­riette het haar nie aan haar ma gesteur nie.

Met groot moeite het hulle Awêh in die Uno’tjie gekry en na die hospitaal gehaas.

By ongevalle gekom, het die dokter aan diens Awêh een kyk gegee en opdrag gegee dat hy dadelik na die ICU geneem moes word.

Harriette en Awie moes in die wagkamer agterbly.

Die ure het stadig verbygetik, maar daar was steeds geen sien van ’n dokter of ’n nurse nie.

Net toe die son sy kop begin uitsteek, het ’n moeë dr. Vries te voorskyn gekom.

Awie en Harriette het dadelik op hom afgestorm en hom met vrae gepeper. “Verdere toetse moet nog gedoen word, maar ek dink Aweregs, Avo ... Awe ...”

Dok Vries kon eenvoudig nie by die naam kom nie.

“Awêh,” het Harriette hom probeer reghelp.

“Awêh maar weer,” het dok Vries geantwoord.

Dit het die gryskopdokter ’n hele paar sekondes gevat om te besef sy pasiënt se naam is Awêh.

Anyhow, die dokter explain toe aan die bekommerde Harriette en Awie verdere toetse moet gedoen word, maar hy vermoed Awêh ly aan GAD.

Vir Awie en Harriette was GAD eenvoudig ’n gat in hul mind waaruit hulle nie kon kom nie.

Dok Vries het so mooi en stadig moontlik probeer verduidelik dat die disease te make het met iemand wat veels te veel oordink.

Generalized anxi­ety disorder (GAD) was iets waaroor die twee nog nooit hul kop gebreek het nie.

Terwyl die twee nog so in die ongevalle se wagkamer staan, het paramedics twee beseerdes ingestoot.

Tot Harriette se skok was dit haar ouers, antie Tryntjie en oom Kissie Grootboom.

Die twee het langs die pad hospitaal toe gestap toe ’n ou, groot boom omval en hulle tref, het die paramedic in ’n gejaagde stemtoon aan dok Vries verduidelik.

Harriette wou met mag en mening na haar ouers toe gaan. Haar gille het deur die leë hospitaal gedreun. Sekuriteitspersoneel het haar met groot moeite in toom gehou.

Antie Tryntjie en oom Kissie is reguit teater toe, waar noodoperasies op hulle uitgevoer is.

Net voor lunchtime en lank nadat Harriette en Awie nie meer hul agterstewe kon voel nie van lank sit op die harde bankie, het dok Vries langs hulle kom sit.

Toe Harriette in die dokter se oë kyk, het sy geweet daar is fout. Gróót fout.

Antie Tryntjie en oom Kissie were no more, het dok Vries gesê. Hy het sy bes gedoen, maar hul beserings was te erg.

Dit was God se wil, het die dok probeer troos.

Selfs al sou die twee oumensies oorleef, sou hulle vir die res van hul lewe aan rolstoele gekluister gewees het.

Die dokter het swaar opgestaan en was van plan om te loop toe hy van iets gedagte kry.

“Dit gaan baie beter met Awêh. Sy toetse het teruggekom. Dit is toe GAD.

“Ons sal vir hom ’n antidepressant voorskryf.”

Awie durf toe aan die dokter vra watse antie Des dit nou is wat vir Awêh gaan leer skryf.

Dok Vries het eers gedog Awie probeer ten spyte van die tragiese nuus ’n grappie maak, maar toe besef hy Awie is doodernstig.

“Jy ly definitief aan DORS,” het die dok gesê en weggestap.

“Is dit dodelik?” het Awie tevergeefs agterna geskree. “Gaan ek vir ewig dors bly?”

Dok Vries het net sy kop geskud en geweier om om te draai of om Awie te antwoord.

Hy het geweet dat Awie nooit in sy leeftyd sou uitfigure DORS staan vir Definitief Onnosele Rabbit-Sindroom nie.

’N PAAR dae ná Awêh se ontslag uit die hospitaal is antie Tryntjie en oom Kissie begrawe.

Kêrrimstraat was in rou, maar in ’n sad, weird way ook opgewonde oor al die begrafniskosse wat op hulle gewag het.

En ja, die trane is gestort, maar opgewondenheid het ook geheers oor die potte breyani en hoenderkerrie wat al die vorige aand gemaak is.

Na afloop van die kerkdiens is “Weer Ontmoet” twee keer by die begraafplaas gesing, waarna die twee oumensies ewige rus onder hul sandkomberse toegewens is.

Harriette was in haarself gekeer. Tjoepstil. ’n Stilte wat Awie en Awêh diep laat worry het.

Harriette was nie meer dieselfde nie. Sy sou sommer in die middel van die nag opspring en die Wendy van ’n kant af skoonmaak.

Sy sou sommer 06:00 al begin kook – iets wat sy nooit vantevore gedoen het nie.

En nog iets wat sy nooit voorheen gedoen het nie, was om diep in die bottel te kyk. Wel, diep in die sak te kyk. Die papsak. Die tradisionele handbag van bergies.

Douvoormôre tot saans laat het Harriette met haar boks Rustighof gesit. Heel rusteloos vir haar jare.

Rus vir Harriette was nie in hierdie boks Rustighof nie, want wanneer sy so lekke’ getjwalla was, het sy die een na die ander depro number van Judy Boucher gesing.

Awie kon dit later nie meer hou nie. Nie haar singtalent of die klankies van Rustighof wat al uit haar vel gesweet het nie.

Skei was op sy mind. Maar hy was diep geworry oor hoe so iets Awêh sou affekteer.

  • Lees môre verder
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters