9 dae gelede
Daar skuil dalk meer agter oom Boesman se dood
 ~ 

HAAI, Sonlanders. Oom Andrew voel skuldig oor sy scheme­ en kan nie slaap nie. Die slaap is anyway gone toe ’n wit gewaad by sy kamer inloer en die oom amper ’n stroke gee. Hy besef later dit was beslis nie ’n spook nie, maar ’n mens. Dan kry hy ’n oproep wat hom groot laat skrik: Oom Boesman is in ’n ongeluk dood. Maar ís dit ’n ongeluk? Geniet nou hoofstuk 8 van EL­DRIDGE JASON se “Oulik en Lillik”.

OOM Andrew se gedagtes is in ’n warboel terwyl hy hom na die ongelukstoneel haas.

Dit wil eenvoudig nie by hom insink dat oom Boesman dood is nie.

Nie Boesman nie. Hy het dan altyd geglo dat Boesman al die currencies van die lewe sou out­live.

Toe hy by die ongelukstoneel kom, skrik hy groot. Dis dan nie ver van die parkeerarea waar hy oom Boesman nog die vorige aand gesien het nie.

As nuuskierigheid al ooit ’n persoon was, dan is dit elke liewe inwoner van Peanutbutterenjam Valley.

So nag soos wat dit nog veronderstel is om te wees, is die area stampvol nuuskierige inwoners.

Baie vroue staan skaamteloos rond in hul nagkabaaie en swirlkouse wat nog skeef om hul kop gedrapeer is.

Bitter min van die inwoners het hul maskers op en daar is geen, maar géén sign van social distancing nie.

Oom Andrew skuif haastig sy masker reg en beur dan deur die crowd.

Hy herken ’n jong konstabeltjie wat al ’n hele paar keer ’n draai by die lykhuis kom maak het om verklarings af te lê. Hy wink die konstabel nader.

“Seunie,” sê oom Andrew half uitasem. “Weet jy wat hier gebeur het?”

Die konstabel loer eers in die rondte en antwoord dan in ’n fluisterstem.

“Hulle sê dis ’n ongeluk, Oom, maar ek weet darem nie so mooi nie. Donald Trump wat president van Amerika geword het, was ’n ongeluk, sure.

“Maar iemand wat agter sy stuurwiel gekry is met ’n maskeragtige ding om sy nek ... selfs Jessica Fletcher sou sê sy ruik ’n moord-rot.”

Oom Andrew voel hoe sy hart bokspring.

“M-masker, sê jy?”

Die konstabel knik. “Jip. Amper soos daai wat ek al in Oom se lykhuis gesien het, maar baie meer posh.

“Nou, ek het al gehoor dat mense maskers in die kerk dra, maskers op straat vir die corona, maar ’n masker hierdie tyd van die aand terwyl jy agter jou kar se stuur sit?

“Tensy oom Boesman natuurlik op pad was na ’n maskerbal waarvan nie een van ons weet nie, want Oom weet mos alle gatherings is op die oomblik geban.”

Oom Andrew wil nog iets vra, maar die konstabel stap vinnig weg toe die stasiebevelvoerder, brig. Jan Rabies, in sy rigting gluur.

Oom Andrew sug teleurgesteld. Hy kan maar vergeet om info uit Jan Rabies te kry.

Jan Rabies se pa was destyds saam met hom op skool en het later die dorp se vullislorrie gery.

Maar Jan, nes sy pa, Jan Senior, kan hom mos alte lekker verbeel.

Van daai ouens wat breë arms loop asof die roll-on onder hul blaaie nooit droog raak nie.

Dan hoor oom Andrew die geskreeu van tyres en herken byna onmiddellik die wit-en-swart Volvo XC40 wat teen ’n stink spoed om die draai kom.

Antie Gertruida en haar jongmeisie-wa. Mense probeer vir die vale uit die pad kom.

Sy stop nie ver van die polisielint af nie en vlieg uit die kar. Waar die ander vroue op die toneel lyk asof hulle k*k met die slaap opgetel het, lyk antie Gertruida soos iemand wat uit ’n modeboek gestap het.

Perfekte makeup en wat-wat. Die broekpak wat sy aan het, is beslis nie by Pep gelay-by nie. Selfs in die flou straatlig is haar naels onhebbelik perfek gemanikuur. Sy stap met swaaiende heupe soos daai girls in die movies wat jou van ’n swak draaiboek en dialoog wil laat vergeet.

Niemand keer haar toe sy tot by oom Boesman se kar stap nie.

Langs oom Andrew begin mense op hul tone staan om ’n beter view te kry. Al wat oom Andrew kry, is die vibe dat Covid hom ook hier iewers nuuskierig try hou.

Dan weergalm antie Gertruida se geskreeu deur die nag.

“Haai shame,” sê ’n antie hier langs oom Andrew. “Nie eens geld kan jou weg van die dood af hou nie, nuh?”

Jan Rabies begelei ’n ontroosbare antie Gertruida wat half ineengekrimp na haar kar loop.

Oom Andrew beur van die crowd af weg en pyl so vinnig soos wat sy gout hom toelaat in die rigting van antie Gertruida se kar.

Soos hy nader gestap kom, kry hy die idee Jan Rabies hou antie Gertruida darem veels te lank en veels te tight na sy sin vas.

Dan los hy haar en sy smile met fladderende wimpers na hom – net soos wat sy vroeër by die lykhuis vir hom gesmile het.

Wie het nog tyd vir flirt in jou oomblik van verdriet, wonder oom Andrew geïrriteerd.

Antie Gertruida draai in sy rigting en haar greep om Jan Rabies se arm verslap toe sy hom herken.

“O, Andrew. Kan jy dit glo?

“Boesman is nie meer hier nie. Boesman ...”

Sy raak weer dramaties aan die snik. Hoe meer oom Andrew na die prentjie voor hom kyk, hoe meer begin dit vir hom lyk soos aansit. Soos daai jaar toe ’n afbiene-atleet snot en trane in die hof gehuil het nadat hy sy girlfriend doodgeskiet het.

“Wat gaan nou van my word?” prewel-vra antie Gertruida en snuif liggies.

“Jy sal fine wees, ek sal mooi na jou kyk,” antwoord Jan Rabies. Wanneer hy oom Andrew gewaar, gaan hy vinnig voort: “Ek bedoel ons sal mooi werk met die ondersoek. Die skuldige sál aan die pen ry.”

Terwyl jy wil hê Gertruida met haar millions moet jóú pen ry, dink oom Andrew vies.

Hy draai kwaad om en gewaar weer die uitgevreet-vir-praat konstabeltjie en stap tot by hom.

“Boeta, hoe gaan dit nog met jou brigadier se vrou? Bak sy nog so lekker terte vir jul stasie?”

“Haai, Oom,” sê die konstabel. “Waar was Oom dan? Die tannie is al laas maand dood aan Covid. Hoe het Oom dit dan gemis?”

Weer die fluisterstem. “Anyway, ek hoor my bossy het weer nuwe liefde gevind, maar hou dit ’n groot geheim.”

Geheim my voet, dink oom Andrew en draai weer na antie Gertruida en die polisiebaas.

Oom Andrew dink dis g’n geheim wie agter oom Boesman se dood sit nie ...

  • Lees môre verder
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters