Verlede maand
Broer Andy maak ’n confession wat die dorp laat gons
Oom Sonnie  ~ 

HAAI, Sonlanders! Dit lyk of die vroue uiteindelik hul panty-dief op heterdaad betrap het. Ná ’n lang gewag merk hulle finally iemand by die wasgoedlyn op. Sonder om twee keer te dink, storm Merle sommer op die ou af. Cathy skyn met haar flits op die man en skrik toe sy hom herken. Maar wie is hierdie spulse panty-dief? Geniet nou die slothoofstuk van EL­DRIDGE JASON­ se “Die Online Shopper”.

DIT klink soos die Bybelse gekners van tande soos wat Merle met die man stoei.

Die gille klink rondom Cathy op, maar sy kan eenvoudig nie haar lyf in rat kry nie. Daarvoor is die skok te groot.

Merle is in ’n verwoestende bui en laat die houe behoorlik op die man neer reën.

Die man los ’n kreun toe Merle hom in die gestoei aan die knaters beetkry en sy ballas draai.

Lientjie storm vorentoe en gee die man ’n skop in sy maag.

Merlene hardloop ook nader en spoeg in die man se gesig.

Suster Ronelle staan soos Lot se vrou en bid in tale.

Die besef dat die vroue die man kan doodslaan, laat die lewe terugkeer na Cathy se ledemate. Soos ’n pyl skiet sy na vore en sukkel om Merle van die man af te kry.

“Los my! Los my!” gil Merle heeltemal berserk.

“Ek wil die jagse ding dood moer.

“F*kk*n panty-dief! Weet jy hoe duur is panties, huh?” vra sy en slaan die man weer ’n hou teen die kop.

Merlene en Lientjie het intussen ook tot hul sinne gekom. They came to their sentences, soos wat die mense van Mitchells Plain sal sê.

Saam probeer hulle Cathy help om Merle van die man af te kry.

Maar Merle klou soos wat ’n politician aan ’n Covid-tender vasklou. Met ’n groot gesukkel slaag hulle uiteindelik daarin om Merle van die man af te kry.

Merle haal swaar asem en gluur die ander vroue aan.

“Ek gaan vir suster Ronelle vra om vir julle te bid,” skel sy.

“Hoe de hel kan julle my wil keer asof ek die vark in die verhaal is?

“Hierdie f*kk*n ding steel jul panties, maar julle is hom genadig?”

Merle spoeg heel onvroulik eenkant toe.

“Wil jy in die tronk opeindig vir moord?” vra Cathy. Sy maak seker dat daar distance tussen haar en Merle is, net ingeval Merle se kop weer uithaak.

“Is dit worth it om in die tronk te gaan lê en dít vir ’n panty-steler?”

Merle gluur Cathy aan. Haar bors deins op en af soos wat sy hard asemhaal. Haar vuiste is steeds gebal.

Die man staan swaar en kreunend op en skud hom af.

Cathy skyn die flitslig op hom.

“Wat het jy vir jouself te sê,” broer Andy?” sis Cathy.

“En vergeet maar van verskonings soos dat jy ons panties hande op wou lê. Jy is dead-spot gevang.”

Broer Andy maak ’n koddige figuur uit met sy asvaal, geskeurde klere.

“Ek ... ek het hier verbygeloop en toe sien ek iemand by jou wasgoedlyn,” sê hy in ’n skor stemmetjie.

“K*kpraat!” gil Merle. “Sies, jy call jouself ’n kerkbroer en dan vang jy sulke vieslike goed aan?

“Dan wil jy ons nog vir poppe kom vat met jou lieg­stories ook.

“Ek is sommer lus en moer jou weer.”

Suster Ronelle tree uiters versigtig nader.

“Broer Andy?” prewel-vra sy. “Ek kan my oë nie glo nie.

“Hierdie is nie ’n truuk van die duiwel nie.

“Dienaar, beloved ... wat het dan in u gevaar?”

Broer Andy laat sak sy kop in skaamte. ’n Traan loop oor sy wang.

“Vergewe my, suster, hierdie was ’n oomblik van swakheid.

“Die duiwel het my verlei.”

Merle snork onvroulik deur haar neus.

“Die duiwel? Die duiwel?” spoeg sy die woorde uit.

“Die duiwel het jou nie verlei nie. Jy is verlei deur jou eie pie–”

“Merle!” val suster Ronelle haar skerp in die rede.

“Luister nou vir ’n f*kk*n slag na my.”

Almal staar oopmond na suster Ronelle. Selfs broer Andy moet keer dat sy valstande nie uit sy mond val nie.

“Ek het nou net mooi genoeg van al hierdie k*k gehad,” sê suster Ronelle.

Sy gee lang treë en kom voor broer Andy te staan.

“Broer Andy, jy behoort jou te skaam.

“Drie jaar agtereenvolgens is jy nou al aangewys as ouderling van die jaar en jy tree só op?

“Hierdie is mos nie reg nie. Wat het my panties al ooit vir jou gemaak dat jy dit snags wil kom afsteel?

“Steel is ’n sonde en die diefstal van onderklere is net soveel erger.

“Sies, ek sal my skaam as ek jy is. En dan, broer Andy, dan sing jy nog elke Sondag in die kerk kliphard vals en preek vir ons oor die sonde van die vlees?”

Broer Andy skud sy kop.

“Julle sal nie verstaan nie. Ná Georgina se dood ... ek is lonely. Baie lonely.

“Ek weet wat ek doen, is verkeerd, maar ek pleeg mos darem nie ’n moord nie.”

Merle klap broer Andy ’n hou teen die kop.

“Hierdie is die goed wat psigopate doen,” sê sy grof.

“Dit begin by panties, maar nie lank nie, dan soek jy die mens wat daai panties dra.

“Met watter gedagtes het jy nie Sondae in die kerk na suster Ro­nelle-hulle gekyk nie?”

Broer Andy laat sak sy kop in skaamte.

“Vat ons hom na die poeliesstasie toe?” vra Merlene. “Ons moet ’n saak maak.”

“Wat praat jy van saak maak?” vra Merle. “Môreoggend is dit vroeg kerk. Ek het ’n beter plan. Luister julle almal nou mooi.”

Die next oggend het die gemeente skaars hul sit gekry ná die sing van ’n paar koortjies toe alle pandemonium losbars.

Gille klink orals op. Mense trek geskok hul asems in. ’n Paar vroue kap flou om dat hul kerkhoede eenkant toe waai.

Broer Andy kom skaam die gangetjie tussen die kerkbanke aangestap. Heel ongemaklik en al swikkerig stap hy op hoë hakke.

Geklee in een van suster Ronelle se kerkrokke en met bloedrooi lippies, stap hy tot voor by die altaar.

Merle, Merlene, Lientjie, Cathy en suster Ronelle is kort op sy hakke.

Merle voel diep ongemaklik oor die kerkrok wat suster Ronelle haar geleen het en trek kort-kort die panty uit haar naat.

“Gemeente,” sê broer Andy in ’n pieperige stem. “Ek het gesondig.

“Ek het toegelaat dat die vlees my gees oorwin.

“Ek staan hier, beskaamd voor julle almal en val in my skuld.”

Stotterend begin die oom te confess, wel wetend dat hy vir lank onder sensuur geplaas gaan word.

Vir jare daarna het dit in Paternoster gegons oor broer Andy se confession.

Maar vir jare al is daar nie meer ’n online shoppery van mense se wasgoedlyne af nie. Broer Andy en sy grille is nou offline ...

  • Die einde
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters