Verlede maand
Antie Koekie speel haar kaarte mooi vir ’n ieder en elk
 ~ 

HAAI Sonlanders! Antie Koekie se interview met die Son-joernalis verloop aanvanklik goed. Tot daar gevra word oor haar beweerde siening dat Covid-19 ’n hoax is. Toe begin die antie darem sweet! Geniet nou hoofstuk 5 van ELDRIDGE JASON se Verkiesingskoors in Boksville.

TOE Sanele Mbakswe dik hou met sy vraag of antie Koekie glo dat Covid-19 ’n hoax is, begin sy kliphard Bella se “Here, Lei My” sing.

“Lei my, Here, lei my, Here, lei my

Lei my na die water waar daar rus is

Soos ’n boom geplant by waterstrome...”

So, antie Koekie glo vas die virus is ’n hoax?” weier Sanele om bes te gee. Antie Koekie hou summier op met sing en sug dan swaar.

“Baie mense is tweegevreet en dra al hul hele lewe lank maskers,” sê sy dan en slurp-sluk van haar nou yskoue koffie.

“Ek is nie ’n dokter nie. Vir my is daar nie ’n verskil tussen ’n hoax en ’n skaapboud nie.

“Waar is die bewyse dat ek so gesê het? Dis nie dat ek jare laas ’n steek gekry het nie... err met ’n naald nie, maar ek het ook my jabs gaan haal. So, hoekom sal ek kwansuis sulke stories verkondig?”

Usain slaak ’n sug van verligting toe hy sien dat sy ouma se antwoord by Sanele aanklank vind. Dié slaan sy notaboekie toe, staan dan op en groet.

Usain is baie opgemaak toe Sanele wegry. Hy gloei van trots toe hy na sy ouma draai.

“Yor, Ouma was dan nou soos Barak. Nei, een ding wat nie twee is nie, Oumie gaan ’n goeie councillor maak.”

“Die ding se naam is dié,” sê antie Koekie kwaai. “Ek is nie hier vir ’n barakat of watsegoeters nie.

“Ek is ’n mense-mens. Ek het net vir Sanele die waarheid vertel.

“Sal maar sien wat skryf hy in die koerant. Hoe kan Monkey-See se mense sulke liegstories van my verkondig?”

Usain trek sy skouers op. “Oumie, dit sal my nie verbaas as Johnny Baksteenhuis agter die liegstories sit nie.

“Daai man sal enigiets doen om Oumie swak te maak. Maar met hierdie interview het Oumie se manifesto sommer nou duidelik geword. Nou is dit tyd om te gaan canvass.

“Ek moet gou net huiswerk doen en as dit orrait met Oumie is, stap ons sommer later Monkey-See se kant toe?”

Antie Koekie knik instemmend, maar sy luister nie verder na haar kleinseun nie. Haar kop is vol gedagtes. Nie net van raadslid raak nie, maar sommer die burgemeestersketting ook dra.

Sy sien al haar inhuldiging-speech voor haar geestesoog afspeel.

Ek het ’n droom dat elke vallei eendag ontsout sal word

En elke heuweltjie en bergie ’n dak oor hul koppe sal hê

Ek het ’n droom dat die skewe weë van die lewe nuwe voetsole sal kry

En mense sal besef AllPay is nie ’n pay nie.

Ja, ek het ’n droom...

“Luister Oumie vir my?” onderbreek Usain sy ouma se driftige gedagtegang.

“Ja, ja, U’ie,” antwoord antie Koekie gesteurd. “Laat ons dan later Monkey-See binnevaar.

“Maar makeer ek nie nog soos Brooke Logan van Bold ’n slogan vir die verkiesing nie?

Usain frons ’n oomblik. “Wat van ‘Antie Koekie is Binne?’” vra hy dan opgewonde.

“Binne wat?” vra antie Koekie. “Binne die raadsaal? Die korrupte politicians se sak?

“Ons sal eers mooi hieroor moet dink, maar vir eers wil ek ’n middagslapie gaan vang, want ná daai onderhoud met Sanele, spin my kop behoorlik.”DIS net ná vieruur die middag toe antie Koekie en Usain Monkey-See binnegestap kom.

Die eerste ding wat antie Koekie opval, is die rommel wat orals gestrooi lê, ten spyte van die talle dromme met sy “Do not litter”- bordjies wat daar staan.

Twee vuilgesig-klonkies kom nadergehardloop toe hulle haar gewaar.

“Antie, Antie, het Antie nie ’n rand vir ’n pakkie chips nie?” vra die een heel voorbarig.

“Waar is jou ouers?” vra antie Koekie streng. “Is hulle in die werk?”

“Werk?” vra die een heel confused­.

“Wat is dit? Oh, ek het al gehoor my ma sê my pa werk op haar nerves met sy buttons-rokery.”

Antie Koekie staar na die berge in die verte en prewel ’n gebedjie.

Toe hulle verder aanstap, kom hulle ’n ou teë wat lekker tanne-nat is.

“Jirre, James Flous, as ek jou sien, dan is jy gesuip. Waar kry jy geld vir drank as jy nooit geld vir kos het nie?”

James Flous gee ’n verleë, skaapagtige grinnik en probeer sy bes om sy pose te behou. Die aarde en sy gravitasiekrag wil egter nie lekker saamspeel nie.

“Maar noudat jy hier is,” gaan antie Koekie vol woema voort. “Jy’t mos ge-register vir die elec­tions, nè? Jy sal vir my moet stem, hoor jy my?”

“Ek... ek... stem... vi... Je... Jesus,” antwoord James­ Flous hikkend.

Antie Koekie snork onvroulik deur haar neus.

“Vir Jesus? Vir Jesus?

“Wee’ jy, Jesus... prys Sy Naam... Jesus het laas al sy geduld opgebruik­ met Noag wat ook nie wou ophou diep in die bottel kyk nie.

“As Noag nie daai een aand nugter was en op die weervoorspelling gesien het daar was ’n storm op pad nie, het hy seker nou nog onder die waters gelê en tiep.”

Usain tik sy ouma in die ribbes toe hy sien dat ’n crowd intussen nadergestaan het.

Antie Koekie besef dadelik dat sy nou ’n crowd sonder moeite bymekaar gekry het.

“Mense van Monkey-See, I do see you,” sê sy. Net daar is haar Engels vir die dag sommer op.

“Ek sien julle en die omstandighede waarin julle moet leef – dag in en dag uit. Elke vyf jaar word julle die wonderlikste dinge beloof, maar soos wat sand deur die uurglas probeer wurm, raak julle eenvoudig verlore tussen ál die beloftes wat gemaak word.

“Julle ken my. Ek is ’n vrou van my woord. Die sluwe jakkalse gaan sê julle moet nie jul stemme op klein partye mors nie, maar dan mors hulle dan vir vyf jaar lank met jou.

“Hulle gaan hier met julle kom dans en as hulle jul vote het, sien julle hulle nooit weer nie. Kyk vir Johnny Baksteenhuis. Bly lekker in Upper-Boksville met sy mooi sypaadjies en parkies. Al park wat julle hier het, is armoede wat hom hier kom parkeer het.”

“Hoor, hoor!” klink dit op. Antie Koekie smile van oor tot oor. Sy is op ’n roll. Sy hêrit, gebore mettie voters’ roll in haar pôkkit...

  • Lees Maandag verder
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters