2 maande gelede
Nog 'n klag teen reeksmoordenaar
John Williams
'REEKSMOORDENAAR': Johan Williams by die Wellington-landdroshof. Foto: Peter Abrahams  ~ 

DIE Wellingtonse reeksmoordenaar, Johan Williams, is vanoggend van 'n derde moord in die Wellington landdroshof aangekla.

Die beendere van sy eks se ma, Natalie Jonkers, wat in Junie opgegrawe is se DNS toetse het bewys dat dit wel haar oorskot is.

Jonkers het vyf jaar gelede verdwyn nadat Williams haar nes sy ander slagoffers weggelok het.

Son het in Julie eksklusief met Williams gaan praat in die Allandale-gevangenis, waar hy verhoorafwagtend was. Williams het erken dat hy Natalie Jonkers, Maria Isaacs én Chantell Matthysen vermoor het.

Op daardie stadium was Williams net aangekla van die moored op Isaacs en Matthysen, maar nog nie vir dié op Jonkers nie.

Lees meer in more se Son

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters