6 jaar gelede
kadet glo soos hond behandel
VERNEDER: ’n Brandweerkadet sê hy moes soos ’n dier op sy knieë rondkruip met ’n tou om sy nek. Grafika: clint VISSER
brandweer-skande: Dis hiér waar die geval na bewering plaasgevind het. Foto: Jonathan lestrade
Marius Fransman Foto: Fu’ad Rahman

“BOY, you will be my dog and do what I tell you to do!”

Dís glo die woorde wat ’n trainer aan ’n nuwe brandweerkadet van die Stad toegesnou het.

Die kadet beweer Wayne Sternsdorf, die trainer by Epping se brandweerstasie, het verlede week ’n tou om sy nek gesit en hom beveel om op sy knieë te gaan. Hy het hom toe soos ’n  hond laat rondkruip.

Die kadet sê hy is ook ’n paar keer deur Sternsdorf teen die kop geslaan. Hy maak ook beweringe van rasisme teen die trainer.

Die saak is onder die aandag van Zolile Mhambi, ’n shop steward van die South African Municipal Workers’ Union (Samwu), gebring.

Mhambi sê in ’n email aan Richard Bosman, die Stad se uitvoerende direkteur vir veiligheid en sekuriteit, dat ’n “onmenslike en rassistiese” geval onder sy aandag gebring is.

“Sternsdorf het ’n kadet vier maal teen die kop geslaan, ’n tou om sy nek gedraai en geskree: ‘Boy, you wil be my dog and do what I tell you to do!’

“Sternsdorf het toe die kadet op sy knieë laat draai soos ’n hond.”

Mhambi het by Bosman aanbeveel dat Sternsdorf ontslaan word.

Bosman sê hy kon nie ’n rede vind om die offisier te skors nie, maar hy is verplaas na ’n ander afdeling, weg van die kadette.

Bosman sê hy het met al 14 kadette vergader sowel as met die persoon wat die beweringe gemaak het. Hy het die getuies gevra om die klagtes op skrif te sit.

“Ek het vier dae later hul klagte ontvang en ’n verhoor met die beskuldigde het plaasgevind. Hy het al die beweringe ontken en gesê hy sal met graagte die mense wat dié goed van hom sê, in ’n verhoor face.

“Die beskuldigde voel ’n heksejag word teen hom gevoer omdat hy dissiplinêre stappe teen die kadet ingestel het. Hy is ook ’n getuie in ’n verhoor teen twee van die getuies.

“Hy sê hulle wil hê die klagte teen hulle moet gedrop word,” sê Bosman.

Bosman sê die geval word buite die brandweer-direktoraat ondersoek om onpartydigheid te verseker.

Marius Fransman, leier van die ANC in die Wes-Kaap, sê die Stad Kaapstad is baie goed daarmee om rassisme en verkeerde dinge weg te steek.

“Ons gaan dié geval na die Menseregtekomissie verwys en ook kriminele aksie neem. Ons vra dat die man ontslaan word.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters