Verlede jaar
Vier vas weens ’n kaping
DIE GEKAAPTE KARFoto: SAPD  ~ 

DIE Kaapse honde-eenheid het vier verdagtes met ’n gekaapte voertuig agter tralies laat beland.

Die lede was Vrydag douvoordag op patrollie in Delft toe hulle ’n stilstaande wit Range Rover Evoque in Hindleweg opmerk. Hulle het uitgevind die kar is vroeër die maand in Wynberg gekaap.

Twee verdagtes is gearresteer. ’n Verdere ondersoek het die lede na ’n huis in Delft gelei waar nog twee verdagtes aangekeer is.

Die voertuig wat ten tyde van die misdaad gebruik is, ’n Toyota Yaris, is ook gekonfiskeer, asook vyf selfone. Die verdagtes (23 tot 34) sal môre in Blue Downs hof loop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters