Verlede jaar
Vermeende kapers vas
Gesteelde pakkies.  ~ SAPD

DIE Kaapse honde-eenheid se ondersoek Donderdag ná die kaping van ’n koeriervoertuig in Dieprivier het hulle na ’n huis in Church Square, Lingelethu-Wes, gelei waar die gesteelde ware afgelaai is.

By hul aankoms het drie mans in ’n groen VW Polo weggejaag. Hulle is later voorgekeer, maar een het ontsnap. Die ander twee (albei 20) loop môre in Khayelitsha hof.

Verskeie artikels uit die koeriervoertuig is gevind. Die koeriervoertuig is ook teruggevind en die Polo is gekonfiskeer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters