2 maande gelede
Terrible Joster se ‘leier’ praat
horatio solomon,ishmail ockerts,terrible josters
IN BESKULDIGDEBANK: Horatio Solomon en Ishmail Ockerts is onder die 12 vermeende lede van die Terrible Josters-bende wat op die oomblik in Kaapstad hof loop.  ~ VERSKAF

DIE staat se hoofgetuie in die saak teen die bende van die Terrible Josters (TJ) en die vermeende leier van dié gang, Elton Ely, het in een straat in Belhar gewoon.

Toe die twee nog op laerskool was, het hulle saam skool toe gestap.

Só het Ely vandeesweek in die Kaapse hooggeregshof getuig.

Die getuie, wie se identiteit beskerm word, het laas jaar teen sy 12 vermeende bendebroers getuig. Hulle staan tereg op 71 klagte.

Hy het getuig Ely is die TJs se leier in Uitbreiding 13, Belhar.

Volgens Ely se getuienis het die staatsgetuie en sy familie uit Belhar getrek en die twee het mekaar nie weer gesien nie.

Intussen het Ely die hoërskool verlaat.

Dinge was nie so lekker by die huis nie en hy het saam met sy oudste broer op taxi’s begin werk.

Hy het getuig: “Ek het geld verdien en kon my ma uithelp.”

Ely is in ’n stadium gearresteer. Nadat hy vrygelaat is, het hy ’n besigheid begin deur groceries te verkoop. Hy het toe begin vis aankoop en verkoop.

“By Hawston se hawe het ’n groot man my genader en gevra van waar ek is.

“Ek het gesê ek is van Belhar. Hy het vir my gesê sy naam is Ernest en hy het familie in Belhar.

Teruggetrek

“Hy het gesê hy kan die vis vir my tot in Belhar bring. Die man se volle naam is Ernest Solomon,” het hy getuig.

Ely het verder getuig hy was een of twee keer by Club Octopus in Hawston vir Solomon (ook bekend as Lastig) se verjaarsdag.

Hy het ook getuig hy’t die staatsgetuie eers tussen 2005 en 2006 weer gesien nadat sy familie teruggetrek het Belhar toe.

Hy het gesê: “Hy het in 2012 by my ingetrek omdat sy familie gedreig het om hom uit te sit weens sy drug-probleem. Hy het R1 000 ’n maand betaal.

“Ons was nie vriende nie. Hy was my buurman. Ek wou hom net help.”

Die staatsgetuie het gesê hulle was baie na aan mekaar; iets wat Ely ontken.

Intussen het Ely getuig hy het Horatio Solomon, die vermeende leier van die TJs, vir die eerste keer by Mel Crescent in Delft ontmoet toe hy vis gaan haal het.

Volgens die staatsgetuie is Horatio die leier van die TJs in die Elsies-gebied.

Die staatsgetuie het getuig dat hy (die getuie) by Horatio se plek in Roosendal, Delft, gekuier het.

Die saak duur voort.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters