Verlede jaar
Oud-cop het plan vir hood
NUWE IDEE: Zain Abrahams wil ’n GPF bestaande uit eks-polisiemanne in sy dorp op die been bring.  ~ SAMUEL WALTERS

RIEBEEK-WES. – Hy het ’n plan vir ’n baie goeie buurtwag in hul gemeenskap.

Zain Abrahams (55) is ’n man met 20 jaar se polisie-ondervinding.

Hy het pakket gevat uit die SAPD en woon nou hier.

Hy het die gedagte om ’n gemeenskapspolisiëringsforum te stig wat net uit gewese polisie­lede bestaan.

Abrahams sê: “Dit sal ’n unieke GPF wees. Die enigste van sy soort in die land.

“Riebeek-Wes se gemeenskap het baie polisielede met jare se ondervinding wat tans op pen­sioen of pakket is. So, saam-saam het ons meer as 100 jaar se ondervinding onder ons.”

Abrahams voeg by: “Ek het op ’n pakket gegaan en uitgetree as ’n AO met 20 jaar se diensjare.

Grief

“My bevordering het begin stilstaan oor bruin en wit se rank-leeftyd in die mag nie juis aandag geniet nie.”

Hy sê wat hom grief, is dat generaals aangestel word wat nog nooit in die polisie was nie.

Hy glo so ’n inisiatief kan hul gemeenskap beveilig omdat dit uit kundige mense sal bestaan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters