Verlede maand
Nog skok kom
Gerdo Karelse is destyds ook wreed vermoor.
Gerdo Karelse is destyds ook wreed vermoor.  ~ ~

BEAUFORT-WES. – Die dorp is in rep en roer nadat nog ’n vrou hier vermoor en vermoedelik ook gerape is.

Thembi Karelse (40) se lyk is die verlede naweek in KwaMandlenkosi gevind.

Inwoners noem die plek waar die lyk aangetref is Penties. Die cops het inwoners die naweek gewaarsku om van die strate weg te bly, want ’n gang fight was in die omgewing aan die gang.

Thembi is die antie van Gerdo Karelse, wie se gesig in 2016 deur ’n “mensvreter” in die polisieselle weggevreet is.

Gerdo se lippe is afgeskeur. Daar waar sy mond was, was net ’n gat. Sy tande het die hele sel vol gelê en sy liggaam is in ’n groot plas bloed aangetref.

Thembi se beweerde rape en moord volg kort op die verkragting van en moord op Anthea Thopps (30) in Julie vanjaar.

Thopps, die ma van ’n driejarige kleuter, is beskryf as een van Rustdene se mooiste blomme.

’n Huisvriend is aangekeer nadat haar halfnaakte lyk in haar huis aangetref is.

Gaber Thopps, Anthea se neef en ’n onnie in die dorp, sê: “Nog ’n vrou wreed weggeneem.

“Die stilswye in Beaufort maak my onseker.

“Enough is enough.”

Sers. Chris Spies, ’n polisiewoordvoerder, het gesê: “Die liggaam is deur ’n lid van die publiek ontdek met steekwonde aan die liggaam.” Volgens Spies sal die moontlikheid dat sy verkrag is, in die nadoodse ondersoek bepaal word.

  • Mense met inligting word gevra om die speurtak by 023 414 8540 te bel.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters