6 maande gelede
Matrieks: Swak uitslae nie end van pad
Die finale Matriekuitslae is eersdaag bekend.
Die finale Matriekuitslae is eersdaag bekend.  ~ Verskaf

DAAR is hulp vir matrieks wat dit nie gemaak het nie.  

Só sê Sharna Fernandez, Wes-Kaapse minister vir maatskaplike ontwikkeling, in ’n verklaring. 

Matrikulante landwyd kry Dinsdag die uitslae van hul eindeksamen. 

“Ek wil ouers en leerders graag inlig daar ís ’n manier om deur die trauma (van teleurstellende uitslae) te werk. Die departement van maatskaplike ontwikkeling het opgeleide, professionele mense wat meer as gewillig is om ouers en leerders by te staan wat ondersteuning nodig het.” 

Volgens Josh Chigome, woordvoerder, het die departement met die hulp van hul organisasies sonder winsbejag psigo-maatskaplike al aan 32 598 families ondersteuning verskaf. 

Dit sluit in debriefing, berading, psigoterapie en kognitiewe gedragsterapie. 

Chigome sê die dienste is ook via telefoon beskikbaar. 

Vir nog inligting, besoek die naaste kantoor vir maatskaplike ontwikkeling of bel die departement se hotline by 0800 220 250. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters