10 maande gelede
Giftand laat 1 in bed beland
SLANG
KATVOET: Skarrelaars moet nou ook vir slang se kind op die uitkyk wees.  ~ Foto ter illustrasie: Netwerk24

GEORGE. – ’n Werklose man wat vir ’n living bottels uit dromme versamel, was so ampertjies bokveld toe.

Die 40-jarige man was besig om op ’n dumping site naby die Asazani-plakkerskamp rond te krap toe ’n slang hom aan die linkerarm pik. Hy word nou in ’n plaaslike hospitaal behandel.

Inwoners sê ’n slang het laas maand by die einste vullishoop ook amper ’n vrou gepik.

Volgens ’n slangvanger, Deon Smith, kom veral pofadders in die algemeen op vullishope voor omdat daar altyd knaagdiere is.

“Giftige slange se byt kan dodelik wees. Mense moet versigtig wees,” het hy gemaan.

Speel

Mense wat vir ’n lewe plastiek en bottels bymekaarskraap, sê hulle kom gereeld giftige slange teë.

Ntozelizwe Mcini, ’n gemeenskapsleier, sê hulle vrees veral vir die veiligheid van hul kinders.

“Ons kinders speel naby die vullishope. Dis scary om te dink dat daar so baie slange daar is,” sê Mcini.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters