Verlede jaar
Egiptenaar in polisievisier
Gesoek vir moord.  ~ SAPD

SPEURDERS van die Claremont-polisie in Kaapstad vra hulp met die opsporing van Salaheldin Mohamed Helan Hussein Elhaddad (24). Hy is ’n Egiptiese burger wat Engels en Arabies praat, sowat 1,6 m lank is en ’n ligte gelaat het.

Hy word gesoek ná ’n moord op 30 Mei 2017 by die Three Fountain Flat, Greenfield Road, Kenilworth. ’n Lasbrief vir sy arrestasie is uitgereik. Hy’s vermoedelik in Newfields, Athlone, of Gauteng.

As jy info het, bel die ondersoekbeamptes, AO Quintin Matthee by 082 461 1115 of speursers. Dominic Witbooi by 083 299 1680. Jy kan ook Stop Misdaad se nommer skakel by 08600 10111.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters