10 maande gelede
Duikers soek vermiste visserman
n Visserman van Paternoster is steeds vermis.
n Visserman van Paternoster is steeds vermis.  ~ TER ILLUSTRASIE

NOODDIENSTE is steeds op soek na 'n visserman wat Donderdagmiddag in Paternoster aan die Weskus  ter see vermis geraak het.

Aanvanklike verslae dui daarop dat die boot se brandstof opgeraak het toe die visserman, afkomstig van Paternoster, na die strand wou terugkeer.

Craig Lambinon, ‘n woordvoerder van die nasionale seereddingsinstituut, sê: "Ons vermoed dat 'n roeispaan uit die boot geval en die visserman in die water gespring het om die roeispaan te terug te kry. Die boot het toe in wind van 25 knope van hom weggedryf en daar is sig van die visserman  verloor.” 

Lambinon sê die boot is na die strand gesleep en 'n polisie-duikeenheid is uitgestuur.

Hy sê ondanks 'n uitgebreide soektog aan die kuslyn is daar geen teken van die vermiste visserman gevind nie. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters