Verlede maand
Winkeldief met ’n lang rekord kry mangstraf
Tronk toe: Eddie Blaauw sal moet mang vir die diefstal van twee flessies reukwater.  ~ ter illustrasie: son

’N MAN van Oudtshoorn met 20 vorige veroordelings, waarvan 16 vir diefstal, is Vrydag in die Oudtshoorn-landdroshof wéér aan diefstal skuldig bevind en 30 maande gevangenisstraf opgelê.

Eddie Blaauw (41) het skuldig gepleit op ’n aanklag van winkeldiefstal nadat hy op 15 Julie by die Hang Feng-supermark twee blikkies parfuum ter waarde van R150 gesteel het.

Versoek

Volgens Blaauw was hy werkloos en honger en hy wou die parfuum gaan verkoop.

Landdros Stephanie Stry­dom het vir die vonnis in ag geneem dat Blaauw skuldig gepleit het, maar sy het bevind nóg ’n opgeskorte vonnis soos wat hy versoek het, sal nie gepas wees in die lig van sy lang misdaadrekord nie.

“U het ’n probleem. Ek weet nie wat verkeerd geloop het in u lewe nie, maar u sal nou moet besluit,” het Strydom vir Blaauw berispe.

Blaauw sal minstens twee derdes van sy vonnis moet uitdien voordat hy om parool aansoek kan doen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters