Verlede maand
Winde van respek moet maar waai
Almal doen dit: Jy kan sekere goed in jou dieet verander om nie so baie te poep of burp nie. Foto: Verskaf  ~ 

KNYSNA. – ’n Poep kan jou ’n paar knoppe in die sak bring – met ’n knopkierie.

Vra maar net vir Zamile Mhle (41) van Nokuthula township.

Hy is twee keer met ’n knopkierie bygedam nadat hy by ’n tradisionele seremonie ’n paar winde gelos het.

Mhle is daarvan beskuldig dat hy verskeie kere gepoep het terwyl ’n elder besig was om te praat.

Dié poepery het hom twee knocks op sy kop gekos toe een van die ander elders hom na bewering bygekom het.

Verskoning

Mhle sê hy het in die crowd gesit toe iemand kla dat daar iemand is wat poep en die event versteur.

“Daar staan toe ’n ouman op en slaan my twee keer met ’n knopkierie oor die kop.”

Mhle eis nou dat die man hom om verskoning vra.

Hy sê die outoppie het hom en sy familie lelik in die openbaar verneder.

“Iémand het gepoep, maar dit was nie ék nie. Ek het groot respek vir ons tradisies.

“As die ouman my nie om verskoning gaan vra nie, gaan ek geen ander keuse hê as om ’n saak te maak nie,” moan Mhle.

’n Elder, Mbuzeli Gamba, het die voorval bevestig.

Vrede

“Tradisionele byeenkomste moet gerespekteer word.

“Ons as elders praat tans met die slagoffer se familie om die vrede te bewaar.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters