3 maande gelede
Werkers verkoop hout
planmakers: Michael Jafta en Janneman Horsband wys wat hulle kan doen.Foto: KEITH MEYER  ~ 

DIE bitter koue weer laat die mense van Calitzdorp vuur maak om warm te bly.

Michael Jafta van Bergsig vertel: “Ons is twee plaaswerkers, maar met die lockdown kon ons nie meer werk nie.

“Ons het afhanklikes wat moet eet. Ons moes net ’n plan maak om kos op die tafel te kry.”

Janneman Horsband voeg by: “Boere wil nie mense nou aanvat vir werk nie. Hampers gaan ons ook maar soms verby.

“Die vraag na hout is groot. Ons het nie geld nie. Ons gaan haal maar hout en verkoop dit om aan die lewe te bly.

“Ons probleem is net dat ons net twee sae het. As ons net kapmesse en byle kan kry. Dan kan ons weer kos op ons tafels sit.

“Die krag is so duur en hout kan mense help om kos gaar te maak en mense warm te maak. Die manne het reeds hul eerste vraggie hout verkoop.

Skakel

“Ons moet plastieksakke het om die hout in te pak. Ons moet darem ook kos in ons maag het om die bos in te vaar. Mense soek hout by ons, maar ons kan nie vinnig genoeg aan die vraag voorsien nie.”

Lesers wat wil bydra met ’n byl, saag of kapmes wat iewers in onbruik lê, kan 079 582 3366 skakel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters