23 dae gelede
Wapen in berge: Ou haak uit
Dodelik: Dié ammunisie is in die berge gevind.FOto verskaf  ~ 

CALITZDORP. – ’n Boer wat homself aan die brand wou steek terwyl hy na bewering rassistiese uitlatings gemaak het, is vasgetrek.

Knap speurwerk deur die plaaslike cops het tot die arrestasie van die 40-jarige Dirk Mathee van die Warmbad-omgewing gelei.

’n Ingeligte vertel die polisie het Sondagnag ’n oproep­ gekry oor ’n boer wat petrol oor homself wou gooi en hom aan die brand wou steek.

“Toe die cops op die toneel kom, was die boer soos ’n waansinnige.

“Hy het rassistiese uitlatings­ geskree soos: ‘Ek hou nie van k*ff*rs nie!

“ ‘Julle wil my land kom afvat!’

“Hy het ook na swart vrouens se vaginas as ‘k*ff*rmeide se p**ste verwys.”

Daar is toe byna ’n uur met die boer onderhandel voordat hy gearresteer is.

Die cops het toe die boer se eiendom deursoek.

Ná die ondervraging is hulle na die nabygeleë berge waar verskeie patrone en ’n handgemaakte wapen gevind is.

Die verdagte het na die ammunisie en sy wapen as sy “kunswerk” verwys.

Volgens Son se bron is die ammunisie van so ’n aard dat dit ’n mens se kop van sy lyf kan afruk sou daar op ’n kort afstand op hom gevuur word.

Kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, het Mathee se arrestasie bevestig. Volgens Pojie is die boer gearresteer ná ’n intelligensiegedrewe operasie deur die polisie van Calitzdorp.

Volgens hom is eslag gelê op dagga, skerppunt- ammunisie­ van verskillende kaliber vuurwapens en ’n selfvervaardigde handwapen.

“Die wapen sal na die lab gestuur word vir toetse.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters